Oranjeriviermond
Die Oranjeriviermond is ‘n sensitiewe en bedreigde natuurgebied. Dit is in 1991 tot Ramsar-gebied verklaar.
Oranjeriviermond
Die mond lê tussen Alexanderbaai in Suid-Afrika en Oranjemund in Namibië, by 28°40′S 16°30′O en bestaan uit 2 000 ha soutmoerasse, lagunes met vars water, sandbanke en rietbeddings. Dit verskaf skuiling aan ‘n verskeidenheid voëlspesies. Daar is drie eilande in die mond, naamlik Green Island, Long Island en Sand Island.
Diamantdelwery naby die mond, ontwikkeling op die rivieroewers in die binneland sowel as die bou van damme beïnvloed die natuurlike vloei en die hoeveelheid water in die mond.
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.