Opper-Sorbies
Opper-Sorbies (Hornjoserbšćina, hornjoserbska rěč, Duits: Obersorbische Sprache) is 'n Wes-Slawiese taal en word deur 13 490 mense hoofsaaklik in die Opper-Lausitz-streek in die Duitse deelstaat Sakse gepraat. Die grootste stede in die Opper-Sorbiese taalgebied is Bautzen (Budyšin) en Görlitz (Zhorjelc).
Opper-Sorbies Hornjoserbšćina, hornjoserbska rěč | ||
---|---|---|
Gepraat in: | Duitsland | |
Gebied: | Opper-Lausitz | |
Totale sprekers: | 13 490[1] | |
Taalfamilie: | Indo-Europees Slawies Wes-Slawies Sorbies Opper-Sorbies | |
Skrifstelsel: | Latynse alfabet | |
Amptelike status | ||
Amptelike taal in: | Duitsland | |
Gereguleer deur: | Sorbiese Taalraad | |
Taalkodes | ||
ISO 639-1: | geen | |
ISO 639-2: | hsb | |
ISO 639-3: | hsb | |
Die naaste taal wat nou aan Opper-Sorbies verwant is, is Neder-Sorbies. Die ander verwante tale is Kasjoebies, Pools, Slowaaks en Tsjeggies.
Verwysings
Eksterne skakels
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.