Opkwark

Die opkwark of u-kwark (simbool: u, van die Engelse up quark) is die ligste van al die kwarke, ’n soort elementêre deeltjie, en ’n hoofbestanddeel van materie. Saam met die afkwark vorm dit die neutrone (een opkwark, twee afkwarke) en protone (twee opkwarke, een afkwark) van atoomkerns. Dit is deel van die eerste generasie van materie, het ’n elektriese lading van +23 e en ’n massa van 1,5–3,3 MeV/c2.

Opkwark
Die opkwark se plek in die Standaardmodel (onder kwarke).
Die opkwark se plek in die Standaardmodel (onder kwarke).
SamestellingElementêre deeltjie
StatistiekFermionies
GroepKwarke
GenerasieEerste
WisselwerkingSterk, swak, elektromagneties, swaartekrag
Simboolu
AntideeltjieOp-antikwark
GeteoretiseerMurray Gell-Mann (1964)
George Zweig (1964)
OntdekSLAC (1968)
Massa2,3+0,70,5 MeV/c2[1]
Verval inStabiel of afkwark + positron + elektronneutrino
Elektriese lading+2/3 e
KleurladingJa
Spin1/2
Swak isospinLH: +1/2, RH: 0
Swak hiperladingLH: +1/3, RH: +4/3

Nes ander kwarke is die opkwark ’n elementêre fermion met spin-12 en ervaar dit al vier fundamentele kragte: swaartekrag, elektromagnetisme, swak kernkrag en sterk kernkrag. Die antideeltjie van die opkwark is die anti-opkwark of anti-op), waarvan sekere eienskappe dieselfde magnitude maar teenoorgestelde teken het.

Verwysings

  1. J. Beringer (Particle Data Group) (2012). "PDGLive Particle Summary 'Quarks (u, d, s, c, b, t, b', t', Free)'" (PDF). Particle Data Group. Besoek op 21 Februarie 2013.

Eksterne skakels

This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.