Opera (webblaaier)

Opera is 'n webblaaier en internet-suite wat ontwikkel is deur die Noorse maatskappy Opera Software. Die webblaaier bedien algemene Internet-verwante take soos die vertoon van webtuistes, stuur en ontvang van e-pos-boodskappe, die bestuur van kontakte, klets op IRC kliënte, die aflaai van lêers via die BitTorrent protokol en die lees van RSS web feeds. Opera is gratis vir persoonlike rekenaars en selfone.

Opera
Kort opsomming van die logo.
Opera 17 op Windows 7

Ontwikkelaar Opera Software
Aanvanklike vrystelling 1995[1]
Nuutste weergawe 33.0.1990.115/ 17 November 2015 (2015-11-17)
Nuutste betaweergawe 34.0.2036.3/ 9 November 2015 (2015-11-09)
Programmeertaal C++[2]
Bedryfstelsel Windows, macOS, Linux
Beskikbaar in 42 tale
Kategorie Webblaaier
Lisensie Freeware
Webblad opera.com

Opera se veiligheidskenmerke sluit in ingeboude phishing en malware beskerming, sterk enkripsie om na veilige webwerwe toe te blaai en die vermoë om maklik private data soos HTTP-koekies te verwyder. Opera loop op 'n verskeidenheid van persoonlikerekenaar-bedryfstelsels insluitend Microsoft Windows, OS X, Linux, FreeBSD en OpenSolaris.[3] Evaluasies van Opera is grotendeels positief en Opera het baie belangrike kenmerke van ander moderne webblaaiers bewerkstellig. Ten spyte van hierdie faktore, het Opera net 'n klein fraksie van die wêreldwye persoonlike rekenaar webblaaier mark. Dit het egter 'n groter markaandeel op die mobiele toestelle (soos selfone, smart phones, en persoonlike digitale assistente) mark. Weergawes van Opera is beskikbaar vir gebruik op die Symbian, Windows Mobile en Google Android-mobielebedryfstelsels, sowel as Java ME-aangeskakelde toestelle. Ongeveer 40 miljoen selfone word vervaardig met Opera reeds geïnstalleer. Opera is die enigste kommersiële webblaaier wat beskikbaar is vir die Nintendo DS en Wii speletjie stelsels. Die Amerikaanse maatskappy Adobe Systems het ook gelisensieerde Opera-tegnologie gebruik in die Adobe Creative Suite sagteware.[4][5]

Verwysings

  1. "Opera version history — Opera 1 series" (in Engels). Opera Software. 21 Februarie 2012. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 6 November 2018. Besoek op 21 Februarie 2012.
  2. Lextrait, Vincent (Julie 2010). "The Programming Languages Beacon, v10.3" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Februarie 2019. Besoek op 11 Junie 2014.
  3. "Download Opera Web Browser" (in Engels). Opera Software. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 26 Januarie 2018. Besoek op 3 Desember 2007.
  4. Opera Software (4 April 2005). "Powered by Opera: Opera Integrated with Adobe Creative Suite 2". Persberig. Archived from the original on 13 September 2012. https://archive.is/20120913/http://www.opera.com/press/releases/2005/04/04/. Besoek op 3 Maart 2009.
  5. Goldman, Daniel (3 Mei 2007). "Dreamweaver uses Opera's Small-Screen Rendering technology to preview webpages for mobile phones". Opera Watch. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 28 Januarie 2011. Besoek op 15 Oktober 2007.

Eksterne skakels

This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.