Opel Rekord
Die Opel Rekord was 'n groot gesinsmotor of uitvoerende motor wat in agt geslagte deur die Duitse motorvervaardiger Opel gebou is. Tussen 1953 en 1986 is ongeveer tien miljoen eenhede verkoop.
Oorsig | |
---|---|
Vervaardiger | Opel |
Produksie | 1953–1986 |
Bakwerk en onderstel | |
Klas | Groot gesinsmotor (D-segment) (1953–1972) Uitvoerende motor (1972–1986) |
Bakstyl | 2- of 4-deur sedan 3- of 5-deur stasiewa 2-deur afslaankap |
Spesifikasies | |
Enjin(s) | 1492 cc, 1698 cc, 1897 cc, 2239 cc |
Asafstand | 2700 mm |
Plek in geskiedenis | |
Voorganger | Opel Olympia |
Opvolger | Opel Omega |
Oorsig | |
---|---|
Ook genoem | Chevrolet Iran[1] Ranger 1700, 1900 en 2500 (Swits. / S-Afr. / België) |
Produksie | 1972–1977 |
Bakwerk en onderstel | |
Klas | groot gesinsmotor |
Bakstyl | 2- of 4-deur sedan 3- of 5-deur stasiewa 2-deur koepee 3-deur paneelwa |
Uitleg | Reguitgemonteerde voorenjin, agterwielaandrywing |
Spesifikasies | |
Lengte | 4566 mm |
Breedte | 1711 mm |
Hoogte | 1407 mm |
Asafstand | 2700 mm |
Plek in geskiedenis | |
Voorganger | Opel Rekord C |
Opvolger | Opel Rekord E |
Variante | Opel Commodore, Vauxhall Victor |
Teen laatsomer 1986, is die Rekord vervang deur die Opel Omega.
Ranger
Die Ranger was 'n Rekordgebaseerde reeks deur die Opel Continental aanleg in Antwerpen, België, gebou, vir die algehele Europese mark. Stilering was soortgelyk aan die Rekord, hoewel die Ranger 'n vierkopligsierrooster gehad het, soortgelyk aan die Vauxhall Victor FD reeks van daardie tyd. Aanvanklik was daar twee modelle: Ranger 130 en Ranger 153. In 1970 is bykomende modelle aangekondig, synde die Ranger 1900, Ranger 2500 en 'n "SS" variant, gebaseer op die Ranger 153.
Daar was ook 'n Suid-Afrikaanse Ranger, gebou in General Motors Suid-Afrika se aanleg in Port Elizabeth. Bekend as Suid-Afrika se eie motor, was sy kenmerk 'n springboklogo op die sierrooster, en is ook geproduseer as 'n stasiewa.
- Opel Rekord C 1.7 S 4-deursedan (1968)
- General Motors Ranger, Suid-Afrika
Verwysings
- "argiefkopie" (PDF). Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 12 Maart 2012. Besoek op 21 Mei 2015.
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal. |