Oostenryk-Este
Aartshertog van Oostenryk-Este (Italiaans: arciduca d'Austria-Este; Duits: Erzherzog von Österreich-Este), of Habsburg-Este (Asburgo-Este), is ’n titel en van wat deur verskeie jonger takke van die Huis van Habsburg-Loringe gebruik is om ’n verbintenis aan te dui met die uitgestorwe Italiaanse prinsefamilie van die Huis van Este en met die Hertogdom van Modena wat deur hulle regeer is. As ’n jonger tak van die Huis van Habsburg-Loringe was die Habsburg-Estes ook aartshertoë en -hertoginne van Oostenryk, en prinse en prinsesse van Hongarye en van Boheme.
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.