Oostelike kleintuna

Die Oostelike kleintuna (Euthynnus affinis) is 'n vis wat in die Indies-Pasifiese area, die Rooisee en aan die ooskus van Afrika vanaf Oman tot by Kaap St Francis voorkom. In Engels staan die vis in die algemeen bekend as die Kawakawa maar in Suid-Afrika as die Eastern little tuna.

Oostelike kleintuna
Wetenskaplike klassifikasie
Domein:
Koninkryk:
Filum:
Subfilum:
Infrafilum:
Superklas:
Klas:
Subklas:
Infraklas:
Superorde:
Orde:
Familie:
Genus:
Euthynnus
Spesie:
E. affinis
Binomiale naam
Euthynnus affinis
(Cantor, 1849)

Voorkoms

Die vis is silwer van kleur met 'n groenerige tot blou rug en golwende lyne op die rug. Dit kan tot 50 cm lank word en weeg dan 11 kg.

Habitat

Die vis kom voor in oop water naby die oppervlakte en bly in klein skole saam. Hulle vreet vis en tjokka. Die wyfie skiet kuit van Januarie tot Julie, gewoonlik by die kus van Kenia. Die vis word ook gevreet deur marlyne, groot tunas en haaie.

Sien ook

Bronne

  • Sea Fishes of Southern Africa. Rudy van der Elst & Dennis King. 2006. ISBN 978-1-77007-345-6
  • Gids tot die Kusgebiede van Suid-Afrika. Jacana Media. 2007. ISBN 978-1-77009-215-0
  • Coastal Fishes of Southern Africa. Phil & Elaine Heemstra. 2004. ISBN 1-920033-01-7

Eksterne skakel

This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.