Ooskus-ghieliemientjie

Die Ooskus-ghieliemientjie (Barbus toppini) is 'n varswatervis wat voorkom in riviere aan die ooskus van Afrika van Malawi tot by die Mkuzerivier in KwaZulu-Natal. Die vis kom ook voor in die Ruaharivier in Tanzanië. In Engels staan die vis bekend as East coast barb.

Ooskus-ghieliemientjie
Wetenskaplike klassifikasie
Domein:
Koninkryk:
Filum:
Subfilum:
Infrafilum:
Superklas:
Klas:
Subklas:
Infraklas:
Superorde:
Orde:
Familie:
Genus:
Spesie:
B. toppini
Binomiale naam
Barbus toppini
Boulenger, 1916
Sinonieme

Barbus umbeluziensis Groenewald, 1958

Voorkoms

Die vis is deurskynend olyfkleurig aan die bokant, die sye is silwer en die onderkant is wit. Daar is 'n onreëlmatige swart streep vanaf die punt van die snoet tot by die basis van die stertvin. Die streep is breër en duideliker by die mannetjies. Die vis het 'n klein bek met 'n paar baarde om en word tot 40 mm lank.

Habitat

Die vis leef in vlak panne en strome met baie plantegroei in. Hulle vreet klein waterorganismes en broei in die somer.

Sien ook

Bron

  • A Complete Guide to the FRESHWATER FISHES of Southern Africa. Paul Skelton. 2001. ISBN 978-1-86872-643-1

Eksterne skakel

This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.