Oos-Amerikaanse Tyd
Oos-Amerikaanse Tyd (Engels: Eastern Time Zone, afgekort as ET) is 'n tydsone wat vyf ure ná Gekoördineerde Universele Tyd val, met ander woorde UTC-5. Meeste van die oostekant van die Noord-Amerikaaanse vasteland val in hierdie tydsone. Hierdie tydsone beslaan die gebied van 65° tot 90° westerlengte.
![](../I/Timezoneswest.PNG.webp)
Oos-Amerikaanse Tyd, hier in pienk aangedui
Lande
Die gebiede of lande wat Oos-Amerikaanse Tyd gebruik is:
- 17 V.S. deelstate in die ooste van die aaneenlopende Verenigde State van Amerika
- dele in die ooste van Kanada:
- die staat Quintana Roo in Meksiko,
- Panama, Colombia, Ecuador en Peru in Sentraal-Amerika en die
- Karibiese Eilande.
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.