Oos-Afrika
Oos-Afrika of Oostelike Afrika is die oostelike gedeelte van die kontinent van Afrika. Die gebied sluit die lande Comore-eilande, Djiboeti, Eritrea, Ethiopië, Kenia, Mauritius, Seychelle, Somalië, Tanzanië, Uganda en dikwels ook Burundi, Madagaskar, Malawi, Mosambiek, Rwanda, Soedan en Suid-Soedan in.
Geografie
Een van die geografiese kenmerke van Oos-Afrika is die Groot Skeurvallei en die groot mere wat regdeur die gebied strek. Die Assalmeer in die Djiboeti is die laagste punt van Afrika - 155 m onder seevlak. Kilimandjaro op 5 895 m bo seevlak is die hoogste punt in Afrika.
Die presiese gebied word nie altyd presies dieselfde afgebaken nie.
Gebiede van die Wêreld | |||||||||||||||||||||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
|
| ||||||||||||||||||||||||
Sien ook Kontinente van die wêreld |