Oorlogskloof-natuurreservaat
Die Oorlogskloof-natuurreservaat is in die Noord-Kaap geleƫ, 20 km suid van Nieuwoudtville en is in 1983 gestig. Die reservaat is 4 776 ha groot. Die westelike kant grens aan die Knersvlakte. Daar is verskeie wandelpaaie en rotstekeninge in die reservaat. Die waboom (Protea nitida) word ook hier aangetref.
Oorlogskloof-natuurreservaat | |
---|---|
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | Noord-Kaap |
Naaste dorp | Nieuwoudtville |
Oppervlak | 4 776 ha |
Openingsjaar | 1983 |
Vislewe
Die volgende vier spesies word in die riviere van die reservaat aangetref: Clanwilliam-geelvis, Clanwilliam-sandvis, dikkop-ghieliemientjie en die Clanwilliam-saagvin.
Bronne
- Stuart, Chris & Mathilde (2012). National Parks and Nature Reserves. Struik Travel and Heritage. ISBN 978-1-77007-742-3.
- Erasmus, B.P.J. (1995). Op Pad in Suid-Afrika. ISBN 1-86842-026-4.
![Die Knersvlakte vanaf die Vanrhynspas, met die Oorlogskloof-natuurreservaat in die verte.](../I/Knersvlakte_from_Vanrhyns_Pass%252C_Nieuwoudtville.jpg.webp)
Die Knersvlakte vanaf die Vanrhynspas, met die Oorlogskloof-natuurreservaat in die verte.
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.