Onder-Sabie
Onder-Sabie is 'n groot ruskamp in die Krugerwildtuin aan die suidelike oewer van die Sabierivier, omtrent in die middel van die suidelike deel van die park. Dit is verbind aan die hoofkamp Skukuza deur die H4-1 teerpad (43 km), gereken die besigste roete in die wildtuin, veral gedurende naweke en skoolvakansies.
Onder-Sabie | |
---|---|
Onder-Sabie se restaurant vanaf die rivier gesien | |
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | Mpumalanga |
Naaste dorp | Komatipoort |
Onder-Sabie |
|
Koördinate: 25°7′11″S 31°54′54″O | |
Hoogte | 174 m[1] |
Openingsjaar | 1930s[2] |
Bestuursliggaam | SANParke |
Webblad | www |
Onder-Sabie het 'n gedaanteverwisseling ondergaan sedert die vorige restaurant afgebrand het, ten spyte daarvan dat dit een van die oudste kampe in die park is. 'n Moderne restaurant en nuwe winkel is gebou, en die kamp het 'n paar safaritente wat dit die gevoel van 'n Afrikaboskamp gee. Die kamp is op die oewer van die Sabierivier uitgelê en besoekers kan in hul stoele op die groot restaurantstoep sit en die groot aantal wild by die rivier besigtig.
Akkommodasie
Volop oornagplek is beskikbaar op 'n selfsorg-basis, in 30 hutte en 62 bungalows, sowel as een groot gastehuis. Kampeerders wat die buitelewe verkies, het 'n keuse van staanplek vir 33 woonwaens en tente, almal toegerus met elektriese kragpunte; of een van die 24 safaritente wat met onder andere twee kampbeddens, stoele, 'n yskas en 'n dakwaaier gemeubileer is.[3]
Ander geriewe
- Swembad
- Kampwinkel met aandenkings, geskenke, self-medikasie, naslaanboeke en padkaarte, klerasie en alle basiese voedsel en dranke
- Outomatiese wasmasjiene
- Selfoonontvangs
- Vulstasie
Onder-Sabie het 'n aparte area vir dagbesoekers, indien hulle wil braai of swem by die kamp. Daar is ook 'n paar piekniekplekke op die paaie, bv. Nkuhlu (± 20 km), die Mlondozi-dam (17 km) en Tshokwane (43 km).
Die kamp bied begeleide staptogte, wildbesigtiging met 'n oop voertuig asook 'n braai-in-die-bos.
Gesondheidsrisiko
Malaria kom in die laeveld voor, en besoekers moet die nodige voorsorg tref daarteen. Raadpleeg u dokter, apteker of reisburo vooraf.
Sien ook
Verwysings
- "Worldwide Elevation Finder". elevation.maplogs.com. Besoek op 4 Januarie 2020.
- "Lower Sabie, Kruger National Park, Limpopo". www.africastay.com. Besoek op 4 Januarie 2020.
- SANPARKE webtuiste