Onbedoelde gevolge

In die sosiale wetenskappe, is onbedoelde gevolge (soms onverwagte gevolge of onvoorsiene gevolge) 'n resultaat wat nie bedoel is deur 'n spesifieke doelgerigte aksie nie.

Erosie wat deur hase in Australië veroorsaak is. Hase is vir jagdoeleindes vrygestel, wat tot hierdie onbedoelde ekologiese gevolge gelei het.

Byvoorbeeld, strenger reisregulasies wat ingestel is met die bedoeling om kinderhandel te verminder, kan 'n stremmende uitwerking op toerisme as onbedoelde gevolg hê.

Die term is in die 20ste eeu gewild gemaak deur die Amerikaanse sosioloog Robert K. Merton.

This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.