Omoesati

Omoesati is een van die 14 streke van Namibië en lê in die verre noordekant van die land. Omoesati se hoofdorp en grootste nedersetting is Uutapi. In die noorde grens Omoesati aan Angola, in die ooste aan Ohangwena en Osjana, en in die suide en weste aan Kunene.

Omoesati
Hoofstad: Uutapi (Outapi)
Grootste stad:Uutapi

Omoesati het ongeveer 230 000 inwoners (sowat 10% van Namibië se bevolking), en deel Owamboland se tipiese hoë bevolkingsdigtheid. Die naam "Omoesati" beteken "mopanie" synde die oorheersende boom in die streek.

Die Omoesati-streek is die tuiste van Sam Nujoma, die eerste President van Namibië.

This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.