Olyfbyvreter

Die olyfbyvreter (Merops superciliosus) is 'n gelokaliseerde algemene intra-Afrika broeiende somertrekvoël. Dit leef in breëblaarboomveld naby mere, riviere en moerasse. Hulle word die maklikste gesien in noordwes-Namibië. Dit is 'n skaars standvoël in Mosambiek. In Engels staan die voël bekend as die Madagascar (Olive) Bee-eater.

Olyfbyvreter
Wetenskaplike klassifikasie
Domein:
Koninkryk:
Filum:
Klas:
Orde:
Familie:
Genus:
Merops
Spesie:
M. superciliosus
Binomiale naam
Merops superciliosus
Linnaeus, 1766
Die verspreiding van die olyfbyvreter in Suider-Afrika.

Identifikasie

Die voël is 24 cm groot en saam met die stert is dit 30 cm lank en die voël weeg 38 tot 48 gram; dit is kleiner as die blouwangbyvreter. Die kroon is bruin, die wenkbrou en wangstrepe is wit. Die keel is rooibruin en die bors is groen.

Sien ook

Bron

This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.