Olmeke
Die Olmeke (Nahuatl: lmēcatl, [oːlˈmeːkat͡ɬ] (eenvoud) of Ōlmēcah, [oːlˈmeːkaʔ] (meervoud), letterlik: "rubbermense", afgelei van ōlli, [ˈoːlːi], "rubber" en mēcatl, [ˈmeːkat͡ɬ], "mense") is die vroegste bekende Meso-Amerikaanse beskawing met sy sentrum in die hedendaagse Meksikaanse deelstate Veracruz en Tabasco. Die historiese middelpunt van die beskawing was langs die suid-sentrale kus van Meksiko aan die Golf van Meksiko. Die Olmeekse kultuur het van 1400 v.C. tot 400 v.C. bestaan en is veral bekend vir hul kolossale koppe wat uit vulkaniese basaltsteen vervaardig is en balspelplekke in hul nedersettings.
Die Olmeke het die eerste aangetekende vorm van Meso-Amerikaanse balspel wat as 'n voorouer van hedendaagse sokker beskou word alreeds in 1500 v.C. uitgeoefen. Hulle het vermoedelik omstreeks 800 v.C. Monte Albán, een van die oudste bekende nedersettings in Meso-Amerika, gestig. Reeds in hierdie vroeë periode is die gebruik van letters en syfers bekend. Rondom 300 v.C. het die bevolking van dié stad met nuwe setlaars gemeng. Die Olmeke is ook bekend vir die verbou van kakaobone en die vervaardiging van sjokolade. Die siening van die Olmeekse beskawing as 'n voorloper van die Majaanse s'n is wyd bespreek, maar dit is eerder onwaarskynlik as gevolg van die groot tydelike en ruimtelike afstand. Hulle het egter 'n algemene invloed op navolgende beskawings uitgeoefen.
Verdere leesstof
- (en) Diehl, Richard (2004). The Olmecs: America's First Civilization. Ancient peoples and places series. Londen: Thames & Hudson. ISBN 0-500-02119-8. OCLC 56746987.
- (en) Pohl, Mary; Kevin O. Pope; Christopher von Nagy (2002). "Olmec Origins of Mesoamerican Writing". Science. 298 (5600): 1984–1987. doi:10.1126/science.1078474. PMID 12471256.
Eksterne skakels
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Olmeke.
- (en) "Olmec". Encyclopædia Britannica. Besoek op 6 Oktober 2018.
Geskiedenis van Meksiko | ||||||||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
|