Hardepeer

Die Hardepeer (Olinia ventosa) is 'n boom wat voorkom in woude by lae hoogtes bo seespieĆ«l in die Oos- en Wes-Kaap. Die boom groei vinnig. Die bas is liggrys, skilfer dikwels af naby die basis van die stam en onthul dan 'n pienk-oranje binnebas. Die vrug word rooi wanneer dit ryp is en is ongeveer 10 mm in deursnee. Die naam van die boom verwys na die hardheid van die hout en nie die vrug nie. Die hout is liggeel tot grysbruin, het 'n fyn grein en egalige tekstuur.

Hardepeer
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
Divisie:
Klas:
Orde:
Familie:
Genus:
Spesie:
O. ventosa
Binomiale naam
Olinia ventosa
(L.) Cufod.
Stam van 'n groot Hardepeer op Tafelberg.

Sien ook

Bron

  • Algemene gids tot BOME. Keith, Paul & Meg Coates Palgrave. 2000. ISBN 1-86872-527-8
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.