Olimpiese Winterspele 2022

Die Olimpiese Winterspele 2022 (Chinees: 2022年冬季奥林匹克运动会; pinyin: Èr Líng Èr'èr Nián Dōngjì Àolínpǐkè Yùndònghuì), amptelik bekend as die XXIVste Olimpiese Winterspele, is tussen 4 en 20 Februarie 2022 in Beijing, Volksrepubliek China, aangebied.[1] Tydens die geleentheid het 2 871 atlete uit 91 nasies aan 109 items in sewe verskillende sportsoorte deelgeneem. Dit het van dié Winterspele die grootstes in die geskiedenis gemaak.

XXIVe Olimpiese Winterspele
Olimpiesespele van 2022

Gehou in Beijing, China
Deelnemende lande 91
Deelnemende atlete 2 871
Items 109 in 7 sporte (15 dissipline)
Openingseremonie 4 Februarie 2022
Sluitingseremonie 20 Februarie 2022
Amptelik geopen deur President Xi Jinping
Atlete-eed Liu Jiayu
Wang Qiang
Beampte-eed Yongchun Tao
Olimpiese vlam Dinigeer Yilamujiang
Zhao Jiawen
Vorige Spele 2018: Pyeongchang (Suid-Korea)
Volgende Spele 2026: Milaan/Cortina d'Ampezzo (Italië)

Beijing het daarmee die eerste stad geword wat beide die Olimpiese Somerspele en Winterspele aangebied het ná hulle eerste Olimpiese Somerspele 2008. Verder was dit ná Pyeongchang (2018) en Tokio (2020) die derde agtereenvolgende Olimpiese Spele in 'n Asiatiese stad. Daarbenewens het Beijing ná Sapporo (1972), Nagano (1998) en Pyeongchang (2018) die vierde Asiatiese stad geword waar Olimpiese Winterspele gehou is.

Die opening- en sluitingseremonies het in die Beijing Nasionale Stadion, ook bekend as "voëlnes", plaasgevind. Soos gebruiklik het die lande in alfabetiese volgorde die stadion ingestap met Griekeland eerste en die gasheer die Volksrepubliek China laaste, maar aangesien die plaaslike taal Mandaryns is, is dié taal se alfabet gebruik om die volgorde te bepaal. Nes die Olimpiese Somerspele 2020 ses maande voorheen, wat weens die wêreldwye Covid-19-pandemie vir een jaar uitgestel is, het dit sonder enige toeskouers plaasgevind. Die spanne van Haïti en Saoedi-Arabië het vir die eerste keer aan Olimpiese Winterspele deelgeneem.[2] Suid-Afrika het nie aan hierdie Olimpiese Winterspele deelgeneem nie.

Die Paralimpiese Winterspele 2022 is tussen 4 en 13 Maart in Beijing gehou.

Toewysing

Setel van die Chinese reëlingskomitee in Beijing
Bing Dwen Dwen en Shuey Rhon Rhon, die gelukbringers van die Olimpiese Winterspele 2022

Beijing is op 31 Julie 2015 in Kuala Lumpur deur die Internasionale Olimpiese Komitee gekies as die gasheer vir die Olimpiese Winterspele in 2022. Die enigste ander kandidaat was Almati.

Die stemming het as volg verloop:

Stemming vir gasheer van die Olimpiese Winterspele 2022[3]
Stad Land Rondte 1
BeijingVlag van die Volksrepubliek China Volksrepubliek China44
AlmatiVlag van Kasakstan Kasakstan40

Sportplekke

Beijing

Kaart van die sportplekke
Die Olimpiese swembad met die Nasionale Stadion in die agtergrond
Die Beijing Nasionale Binnestadion
Olimpiese groenplekke
  • Beijing Nasionale Stadion – opening- en sluitingseremonies / 80 000 klaar
  • Beijing Nasionale watersportsentrum – ysbal / 3 795 klaar/opgeknap
  • Beijing Nasionale Binnestadion – yshokkie / 19 418 klaar
  • Nasionale langbaanskaatsovaal – langbaanskaats / 11 950 nuut
  • Hoofstedelike Binnestadion – kunsskaats, kortbaanskaats / 13 289 klaar
  • Wukesong-sportsentrum – yshokkie / 15 384 klaar
  • Big Air Shougang – sneeuplankry (Big Air), vryski (Big Air) – 4 912 nuut
  • Beijing Olimpiese Winterdorp – nuut

Yanqing-gebied

  • Nasionale alpeskisentrum – alpeski 4 800 nuut
  • Nasionale sleesentrum – bobslee, rodel, skeleton / 7 400 nuut
  • Yanqing Olimpiese dorp / nuut

Zhangjiakou-gebied

  • Sneeu-Ruyi – skansspring, Noorse kombinasie (skansspring) 6 000
  • Nasionale tweekampsentrum – tweekamp 6 024
  • Genting Sneeupark
    • Park A – ski en kruissneeuplankry 1 774
    • Park B – halfbaan en hellingstyl (vryski en sneeuplankry) 2 550
    • Park C – Gebiede en mogole 1 597
  • Nasionale Heg-en-steg-ski-sentrum – Heg-en-steg-ski, Noorse kombinasie (Heg-en-steg-ski) 6 023
  • Zhangjiakou Olimpiese dorp
  • Zhangjiakou Medaljeplein

Sporte

Sewe Olimpiese sporte in 15 dissiplines is tydens die Spele beoefen. Tydens die Spele is 109 medaljes oorhandig.

  • Alpeski (11)
  • Bobslee (4)
  • Heg-en-steg-ski (12)
  • Kortbaanskaats (9)
  • Kunsskaats (5)
  • Langbaanskaats (14)
  • Noorse kombinasie (3)
  • Rodel (4)
  • Skansspring (5)
  • Skeleton (2)
  • Sneeuplankry (11)
  • Tweekamp (11)
  • Vryski (13)
  • Ysbal (3)
  • Yshokkie (2)

Kalender

Die volgende tabel dui die Spele se daaglikse program aan. 'n Blou blokkie beteken dat wedstryde plaasgevind het, maar dat geen medaljes op die spel was nie. 'n Geel blokkie dui aan dat medaljes toegeken is, die getal dui op die aantal medaljeparades wat die dag gehou is.

 OS Openingseremonie   Wedstryde  1 Wedstryde met medaljes  UG Uitstallingsgala  SS Sluitingseremonie
Februarie 2
Wo
3
Do
4
Vr
5
Sa
6
So
7
Mo
8
Di
9
Wo
10
Do
11
Vr
12
Sa
13
So
14
Mo
15
Di
16
Wo
17
Do
18
Vr
19
Sa
20
So
Wedstryde
SeremoniesOSSS
Alpeski 2 1 1 1 1 1 1 1 1 1 11
Bobslee 1 1 1 1 4
Heg-en-steg-ski 1 1 2 1 1 1 1 2 1 1 12
Kortbaanskaats 1 2 1 1 2 2 9
Kunsskaats 1 1 1 1 1 EG 5
Langbaanskaats 1 1 1 1 1 1 1 1 2 1 1 2 14
Noorse kombinasie 1 1 1 3
Rodel 1 1 1 1 4
Skansspring 1 1 1 1 1 5
Skeleton 1 1 2
Sneeuplankry 1 1 2 1 2 1 1 2 11
Tweekamp 1 1 1 1 1 2 1 1 2 11
Vryski 1 1 1 1 1 1 1 2 1 2 1 13
Ysbal 1 1 1 3
Yshokkie 1 1 2
Totaal00066910687674986575109
Kumulatief000612213137455258656978869297104109
Februarie 2
Wo
3
Do
4
Vr
5
Sa
6
So
7
Mo
8
Di
9
Wo
10
Do
11
Vr
12
Sa
13
So
14
Mo
15
Di
16
Wo
17
Do
18
Vr
19
Sa
20
So
Wedstryde

Deelnemende nasies

Hier volg 'n alfabetiese lys van al die Nasionale Olimpiese Komitees wat deelgeneem het. Waar beskikbaar word die aantal atlete per land in hakies aangedui:

Diplomatieke boikot

Lande wat 'n diplomatieke boikot van die Olimpiese en Paralimpiese Winterspele 2022 aangekondig het

Die volgende lande het weens verskeie menseregteskendings in Hongkong, Tibet en Xinjiang 'n diplomatieke boikot van beide die Olimpiese en Paralimpiese Winterspele 2022 aangekondig en dat hulle diplomate nie aan seremonies tydens die spele sal deelneem nie. Dit het egter nie dié lande se atlete se deelname aan dié spele geraak nie.[4]

Buitendien het die volgende lande bevestig dat hulle nie amptelike verteenwoordigers na die openingseremonie sal stuur nie, maar nie as deel van die diplomatieke boikotveldtog nie:

Chinese leiers en media het op die diplomatieke boikot gereageer deur dit as 'n "politisering" van die gebeure te veroordeel.[20]

Suid-Afrikaanse deelname

Suid-Afrika het nie aan hierdie Winterspele deelgeneem nie.

Aantal medaljes

Kaart van deelnemende nasies in 2022:

 Neem vir die eerste keer deel

 Het reeds vantevore deelgeneem

 Neem nie deel nie

     Gasheerstad Beijing

Hier is die top tien lande wat medaljes by die Spele verower het:

 Plek Land Deelnemers Goud Goud Silwer Silwer Brons Brons Totaal
1Vlag van Noorweë Noorweë (NOR)841681337
2Vlag van Duitsland Duitsland (GER)1491210527
3Vlag van die Volksrepubliek China Volksrepubliek China (CHN)18294215
4Vlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State (USA)224810725
5Vlag van Swede Swede (SWE)11685518
6Vlag van Nederland Nederland (NED)4185417
7Vlag van Oostenryk Oostenryk (AUT)10677418
8Vlag van Switserland Switserland (SUI)16772514
9 Olimpiese atlete van Rusland (ROC)2126121432
10Vlag van Frankryk Frankryk (FRA)8657214

Sien ook

Verwysings

  1. (en) "The Olympic Winter Games Factsheet" (PDF). Internasionale Olimpiese Komitee. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 13 November 2018. Besoek op 30 September 2019.
  2. (en) Michael Pavitt (17 Desember 2021). "Haiti and Saudi Arabia to debut at Beijing 2022 Winter Olympics as Alpine skiers qualify". Inside the Games. Besoek op 14 Maart 2022.
  3. (en) "Past Olympic Host City Election Results". GamesBids. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 30 April 2020. Besoek op 30 September 2019.
  4. (en) Tom Hamilton (10 Desember 2021). "What, exactly, is a 'diplomatic boycott' of the Beijing Olympics?". ESPNscrum. Besoek op 14 Maart 2022.
  5. (en) "2022 Beijing Winter Olympics: Australia joins US diplomatic boycott". BBC. 8 Desember 2021. Besoek op 14 Maart 2022.
  6. (en) Ali Iveson (18 Desember 2021). "Belgium joins diplomatic boycott of Beijing 2022, Latvia will not". Inside the Games. Besoek op 14 Maart 2022.
  7. (en) "Denmark to join diplomatic boycott of Beijing Olympics over human rights". Reuters. 14 Januarie 2022. Besoek op 14 Maart 2022.
  8. (en) "India joins diplomatic boycott of Beijing Olympics over role of Chinese soldier from border clash". The Washington Post. 3 Februarie 2022. Besoek op 14 Maart 2022.
  9. (en) "Canada joining diplomatic boycott of Beijing Winter Olympics". Global News. 8 Desember 2021. Besoek op 14 Maart 2022.
  10. (sq) "Kosova bojkoton Lojrat Olimpike në Pekin". Alsat News. 8 Desember 2021. Besoek op 14 Maart 2022.
  11. (en) "Lithuania confirms diplomatic boycott of Beijing 2022 Winter Olympics". ANI News. 3 Desember 2021. Besoek op 14 Maart 2022.
  12. (zh) "北京冬奧我代表團不出席開閉幕式 黨政人士:將由教育部宣布". Liberty Times. 26 Januarie 2022. Besoek op 14 Maart 2022.
  13. (en) "Australia, UK join diplomatic boycott of Beijing Winter Games". Reuters. 8 Desember 2021. Besoek op 14 Maart 2022.
  14. (en) "White House announces US diplomatic boycott of 2022 Winter Olympics in Beijing". CNN. 6 Desember 2021. Besoek op 14 Maart 2022.
  15. (en) "World leaders: Who's coming, who isn't to Beijing Olympics". Associated Press. 4 Februarie 2022. Besoek op 14 Maart 2022.
  16. (en) "Estonian government officials in no mood to attend Beijing Olympics". Baltic News Network. 18 Januarie 2022. Besoek op 14 Maart 2022.
  17. (en) "Japan will not send government delegation to Beijing Olympics". Reuters. 24 Desember 2021. Besoek op 14 Maart 2022.
  18. (en) "Beijing Winter Olympics: Why are they controversial?". BBC. 3 Februarie 2022. Besoek op 14 Maart 2022.
  19. (cz) "The Czechia will join the diplomatic boycott of the Olympics. "No government will go to Beijing," Fiala said". irozhlas.cz. 28 Januarie 2022. Besoek op 14 Maart 2022.
  20. (zh) "北京冬奥在新冠疫情与抵制下开幕 BBC中文". BBC. 4 Februarie 2022. Besoek op 14 Maart 2022.

Eksterne skakels

Olimpiese Spele Logo van die Olimpiese Spele

Olimpiese Somerspele: 1896   1900   1904   1906*   1908   1912   1916   1920   1924   1928   1932   1936   1940   1944   1948   1952   1956   1960   1964   1968   1972   1976   1980   1984   1988   1992   1996   2000   2004   2008   2012   2016   2020   2024   2028   2032

Olimpiese Winterspele: 1924   1928   1932   1936   1940   1944   1948   1952   1956   1960   1964   1968   1972   1976   1980   1984   1988   1992   1994   1998   2002   2006   2010   2014   2018   2022   2026   2030
Internasionale Olimpiese KomiteeNasionale Olimpiese Komitee
(*) Die spele van 1906 is deur die IOK georganiseer, maar word nie amptelik deur die IOK erken nie.

This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.