Olimpiese Winterspele 1960

Die Olimpiese Winterspele 1960 (Engels: 1960 Winter Olympics), amptelik bekend as die VIIIste Olimpiese Winterspele, is tussen 18 en 28 Februarie 1960 in Squaw Valley, Verenigde State, aangebied. Die ander kandidaatstede was Innsbruck, St. Moritz en Garmisch-Partenkirchen.

Teken met die Olimpiese sporte buite die Olimpiese dorpie by Squaw Valley
VIIIe Olimpiese Winterspele
Olimpiesespele van 1960

Gehou in Squaw Valley, Verenigde State
Deelnemende lande 30
Deelnemende atlete 665 (521 mans, 144 vroue)[2]
Items 27 in 4 sporte
Openingseremonie 18 Februarie 1960
Sluitingseremonie 28 Februarie 1960
Amptelik geopen deur Adjunkpresident Richard Nixon
Atlete-eed Carol Heiss (kunsskaats)
Beampte-eed (sedert 1972)
Olimpiese vlam Ken Henry (langbaanskaats)
Vorige Spele 1956: Corina d'Ampezzo (Italië)
Volgende Spele 1964: Innsbruck (Oostenryk)

Toe daar in 1955 besluit is om die Spele in Squaw Valley te hou, het die "dorp" slegs een inwoner, die organiseerder van die Spele, Alexander Cushing, gehad. Na die toewysing aan hierdie ski-oord, moes bouwerk teen 'n versnelde tempo plaasvind om die nodige geriewe betyds daar te stel. Die Olimpiese Somerspele 1960 is in Rome, Italië, aangebied.

Die Spele was die eerste Winterspele waaraan Suid-Afrika deelgeneem het, maar Suid-Afrika kon geen medaljes verower nie. Dit was ook die laaste waaraan Suid-Afrika deelgeneem het voor deelname geweier is as gevolg van die Apartheidsbeleid. Die volgende Winterspele waaraan Suid-Afrika deelneem is 34 jaar later in 1994.

Toewysing

Squaw Valley is op 16 Junie 1955 in Parys deur die Internasionale Olimpiese Komitee gekies as die gasheer vir die Olimpiese Winterspele in 1960. Ander kandidate was: Innsbruck, Garmisch-Partenkirchen en St. Moritz. Innsbruck sal uiteindelik gasheer vir die volgende Olimpiese Winterspele 1964 word.

Die stemming het as volg verloop:

Stemming vir gasheer van die Olimpiese Winterspele 1960[3]
Stad Land Rondte 1 Rondte 2
Squaw ValleyVlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State3032
InnsbruckVlag van Oostenryk Oostenryk2430
Garmisch-PartenkirchenVlag van Wes-Duitsland Wes-Duitsland5
St. MoritzVlag van Switserland Switserland3

Sporte

4 Olimpiese sporte in 8 dissiplines is tydens die Spele beoefen.

  • Nordiese ski
    • Alpeski (6)
    • Heg-en-steg-ski (6)
    • Noorse kombinasie (1)
    • Skansspring (1)
  • Skaats
    • Kunsskaats (3)
    • Langbaanskaats (8)
  • Tweekamp (1)
  • Yshokkie (1)

Kalender

Die volgende tabel dui die Spele se daaglikse program aan. 'n Blou blokkie beteken dat wedstryde plaasgevind het, maar dat geen medaljes op die spel was nie. 'n Geel blokkie dui aan dat medaljes toegeken is, die getal dui op die getal medaljeparades wat die dag gehou is.

 OS Openingseremonie   Wedstryde  1 Wedstryde met medaljes  SS Sluitingseremonie
Februarie 1960 18
Do
19
Vr
20
Sa
21
So
22
Ma
23
Di
24
Wo
25
Do
26
Fr
27
Sa
28
So
Wedstryde
SeremoniesOSSS
Alpeski 1 1 1 1 1 1 6
Heg-en-steg-ski 1 1 1 1 1 1 6
Noorse kombinasie 1 1
Skansspring 1 1
Kunsskaats 1 1 1 3
Langbaanskaats 1 1 1 1 1 1 1 1 8
Tweekamp 1 1
Yshokkie                   1 1
Totaal0233342242227
Kumulatief02581115171923252727

Deelnemende nasies

Hier volg 'n alfabetiese lys van al die Nasionale Olimpiese Komitees wat deelgeneem het. Waar beskikbaar word die getal atlete per land in hakies aangedui:

Getal medaljes

Kaart van medaljes volgens lande:
Goud vertoon lande, wat ten minste een goue medalje gewen het.
Silwer vertoon lande, wat ten minste een silwer medalje gewen het.
Brons vertoon lande, wat ten minste een brons medalje gewen het.
Rooi vertoon lande, wat geen medaljes gewen het nie.
Grys vertoon lande, wat nie aan die Olimpiese Winterspele 1960 deelgeneem het nie.

Hier is die top 14 lande wat medaljes by die Spele verower het:

 Plek Land Deelnemers Goud Goud Silwer Silwer Brons Brons Totaal
1Vlag van Sowjetunie Sowjetunie (URS)6275921
2Vlag van Duitsland Duitsland (GER)744318
3Vlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State (USA)7934310
4Vlag van Noorweë Noorweë (NOR)293306
5Vlag van Swede Swede (SWE)473227
6Vlag van Finland Finland (FIN)482338
7Vlag van Kanada Kanada (CAN)442114
8Vlag van Switserland Switserland (SUI)212002
9Vlag van Oostenryk Oostenryk (AUT)261236
10Vlag van Frankryk Frankryk (FRA)261023
11Vlag van Nederland Nederland (NED)70112
Vlag van Pole Pole (POL)130112
13Flag of Czechoslovakia Tsjeggo-Slowakye (TCH)210101
14Vlag van Italië Italië (ITA)280011
Totaal (14 NOKs)52528262781

Sien ook

Verwysings

  1. "The Olympic Winter Games Factsheet" (PDF) (in Engels). Internasionale Olimpiese Komitee. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 13 November 2018. Besoek op 20 Januarie 2018.
  2. "The Olympic Winter Games Factsheet" (PDF) (in Engels). Internasionale Olimpiese Komitee. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 13 November 2018. Besoek op 20 Januarie 2018.
  3. "Past Olympic Host City Election Results" (in Engels). GamesBids. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 30 April 2020. Besoek op 20 Januarie 2018.

Verdere leesstof

  • (en) David Wallechinsky (2005). The Complete Book of the Winter Olympics, Turin 2006 Edition. SportClassic Books. ISBN 978-1-894963-45-9.
  • (de) Volker Kluge (1999). Olympische Winterspiele. Die Chronik. Chamonix 1924 – Nagano 1998. Berlin: Sportverlag. ISBN 3-328-00831-4.
  • (en) Krüger, Arnd; Goksör, Matti; von der Lippe, Gerd; Mo, Kristian (1996). The History of the Olympic Winter Games. The Invention of a Tradition. {{cite book}}: |work= ignored (hulp)

Eksterne skakels

Olimpiese Spele Logo van die Olimpiese Spele

Olimpiese Somerspele: 1896   1900   1904   1906*   1908   1912   1916   1920   1924   1928   1932   1936   1940   1944   1948   1952   1956   1960   1964   1968   1972   1976   1980   1984   1988   1992   1996   2000   2004   2008   2012   2016   2020   2024   2028   2032

Olimpiese Winterspele: 1924   1928   1932   1936   1940   1944   1948   1952   1956   1960   1964   1968   1972   1976   1980   1984   1988   1992   1994   1998   2002   2006   2010   2014   2018   2022   2026   2030
Internasionale Olimpiese KomiteeNasionale Olimpiese Komitee
(*) Die spele van 1906 is deur die IOK georganiseer, maar word nie amptelik deur die IOK erken nie.

This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.