Olimpiese Winterspele 1944

Die Olimpiese Winterspele 1944 (Italiaans: V Giochi olimpici invernali), amptelik bekend as die Vde Olimpiese Winterspele nadat die Olimpiese Winterspele 1940 gestaak is, sou in 1944 gehou word, maar is na die uitbreek van die Tweede Wêreldoorlog afgelas.[1] Die Spele is in Junie 1939 deur die Internasionale Olimpiese Komitee (IOK) aan Cortina d'Ampezzo, Italië, toegewys. Ander kandidaatstede was Montreal in Kanada en Oslo in Noorweë.

Ve Olimpiese Winterspele
Olimpiesespele van 1944

Gehou in Cortina d'Ampezzo, Italië
Deelnemende lande 0
Deelnemende atlete 0
Items 0
Openingseremonie Nie gehou nie
Sluitingseremonie Nie gehou nie
Amptelik geopen deur N.v.t.
Atlete-eed N.v.t.
Beampte-eed N.v.t.
Olimpiese vlam N.v.t.
Vorige Spele 1940: Sapporo (Japan)
Volgende Spele 1948: St. Moritz (Switserland)

Die Olimpiese Winterspele 1948, die eerste Olimpiese Winterspele na die einde van die oorlog, is as die Vde Olimpiese Winterspele in St. Moritz, Switserland, aangebied. Cortina d'Ampezzo het die Olimpiese Winterspele van 1956 aangebied.

Toewysing

Cortina d'Ampezzo is deur die Internasionale Olimpiese Komitee gekies as die gasheer vir die Olimpiese Winterspele in 1944. Ander kandidate was: Montreal in Kanada en Oslo in Noorweë.

Die stemming het as volg verloop:

Stemming vir gasheer van die Olimpiese Winterspele 1944[2]
Stad Land Rondte 1
Cortina d'AmpezzoVlag van Italië Italië16
MontrealVlag van Kanada Kanada12
OsloVlag van Noorweë Noorweë2

Sien ook

Verwysings

  1. "The Olympic Winter Games Factsheet" (PDF) (in Engels). Internasionale Olimpiese Komitee. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 13 November 2018. Besoek op 20 Januarie 2018.
  2. "Past Olympic Host City Election Results" (in Engels). GamesBids. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 30 April 2020. Besoek op 20 Januarie 2018.

Verdere leesstof

  • (en) George M. Constable (1996). The XI, XII & XIII Olympiads. Berlin 1936, St. Moritz 1948. Los Angeles: World Sport Research & Publications. ISBN 1-888383-11-9.
  • (de) Volker Kluge (1999). Olympische Winterspiele. Die Chronik. Chamonix 1924 – Nagano 1998. Berlin: Sportverlag. ISBN 3-328-00831-4.
  • (de) Harald Oelrich (2003). Sportgeltung, Weltgeltung: Sport im Spannungsfeld der Deutsch-italienischen Außenpolitik von 1918 bis 1945. Berlin/Hamburg/Münster: LIT Verlag. ISBN 3-8258-5609-7.
Olimpiese Spele Logo van die Olimpiese Spele

Olimpiese Somerspele: 1896   1900   1904   1906*   1908   1912   1916   1920   1924   1928   1932   1936   1940   1944   1948   1952   1956   1960   1964   1968   1972   1976   1980   1984   1988   1992   1996   2000   2004   2008   2012   2016   2020   2024   2028   2032

Olimpiese Winterspele: 1924   1928   1932   1936   1940   1944   1948   1952   1956   1960   1964   1968   1972   1976   1980   1984   1988   1992   1994   1998   2002   2006   2010   2014   2018   2022   2026   2030
Internasionale Olimpiese KomiteeNasionale Olimpiese Komitee
(*) Die spele van 1906 is deur die IOK georganiseer, maar word nie amptelik deur die IOK erken nie.

This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.