Olimpiese Somerspele 2016

Die Olimpiese Somerspele 2016 (Portugees: Jogos Olímpicos de Verão de 2016 [ˈʒɔɡuz oˈlĩpikus dʒi veˈɾɐ̃w dʒi ˈdojz ˈmiw i dʒizeˈsejs]), amptelik bekend as die Spele van die XXXIste Olimpiade, is tussen 5 en 21 Augustus 2016 in Rio de Janeiro, Brasilië, aangebied. Tydens die geleentheid het 11 238 atlete uit 205 nasies aan 306 items in 28 verskillende sportsoorte deelgeneem. Die spanne van Kosovo en Suid-Soedan het vir die eerste keer aan Olimpiese Spele deelgeneem.[7]

Spele van die XXXIe Olimpiade
Olimpiesespele van 2016

Gehou in Rio de Janeiro, Brasilië
Deelnemende lande 205 Nasionale Olimpiese Komitees
Deelnemende atlete 11 238 (6 179 mans, 5 059 vroue)[2]
Items 306 in 28 sporte[4]
Openingseremonie 5 Augustus 2016
Sluitingseremonie 21 Augustus 2016
Amptelik geopen deur Adjunkpresident Michel Temer[6]
Atlete-eed Robert Scheidt (seilvaart)
Beampte-eed Martinho Nobre (atletiek)
Olimpiese vlam Vanderlei de Lima (atletiek)
Vorige Spele 2012: Londen (VK)
Volgende Spele 2020: Tokio (Japan)

Dit was die 31ste aanbieding van die Somerspele sedert 1896. Dit was ook die eerste keer dat Rio de Janeiro, Brasilië en 'n Portugeestalige land die spele organiseer het, die eerste Somerspele in Suid-Amerika, die tweede keer in 'n Latyns-Amerikaanse stad ná Meksikostad in 1968 en die eerste keer sedert 2000 (en derde algeheel) in die Suidelike Halfrond.[8] Naas Rio de Janeiro was Madrid, Tokio en Chicago kandidate vir die organisasie van die 2016-Somerspele.

Die opening- en sluitingseremonies het in die Maracanã-stadion plaasgevind. Soos gebruiklik het die lande in alfabetiese volgorde die stadion ingestap met Griekeland die eerste en die gasheer Brasilië die laaste, maar aangesien die plaaslike taal Portugees is, is dié taal se alfabet gebruik om die volgorde te bepaal. Wayde van Niekerk, die naelloper wat in die 200 meter en 400 meter meeding, het die Suid-Afrikaanse vlag ingedra.[9]

Die Paralimpiese Somerspele 2016 is tussen 7 en 18 September in Rio de Janeiro gehou.

Toewysing

Carlos Arthur Nuzman, hoof van Rio se bod-komitee
Kaart van die kandidaatstede vir die Olimpiese Somerspele 2016:

 Verkose stad

 Kandidaatstede

 Aansoekende stede

Die stede wat die Somerspele wou aanbied het tot 13 September 2007 tyd gehad om hulleself as kandidate te nomineer. In Junie 2008 is sewe kandidate amptelik deur die uitvoerende komitee van die Internasionale Olimpiese Komitee (IOK) aanvaar.[10] Op 4 Junie 2008 word die lys verkort na vier kandidaatstede tydens 'n IOK-byeenkoms in Athene. Die vier stede was: Chicago, Madrid, Rio de Janeiro en Tokio.[11] Bakoe (Azerbeidjan), Doha (Katar) en Praag (Tsjeggië) is uitgeskakel.[11] Op 2 Oktober 2009 is Rio de Janeiro tydens 'n IOK-kongres in Kopenhagen as die verkose stad aangewys.[12][13] Tokio sal uiteindelik gasheer vir die volgende Olimpiese Somerspele 2020 word.

Die stemming het as volg verloop:

Stemming vir gasheer van die Olimpiese Somerspele 2016[14]
Stad Land Rondte 1 Rondte 2 Rondte 3
Rio de JaneiroVlag van Brasilië Brasilië264666
MadridVlag van Spanje Spanje282932
TokioVlag van Japan Japan2220
ChicagoVlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State18

Sporte

Die IOK het tydens 'n kongres in Oktober 2009 besluit om sewesrugby en gholf weer vanaf 2016 op die Olimpiese program te plaas. Hierdie sporte dien as plaasvervangers vir bofbal en sagtebal wat vir die laaste keer in 2008 aangebied is.[15] Met 306 stelle van medaljes beskik die speletjies oor 28 Olimpiese sportsoorte. Hierdie sportbyeenkomste is op 33 plekke in die gasheerstad en op 5 plekke in die stede São Paulo (Brasilië se grootste stad), Belo Horizonte, Salvador da Bahia, Brasília (Brasilië se hoofstad) en Manaus beslis.

28 Olimpiese sportsoorte in 306 dissiplines is tydens die Spele beoefen. Tydens die Spele is 307 goue medaljes oorhandig.

Sokker

Sokkerwedstryde is in vyf stadions in die stede Sao Paulo, Belo Horizonte, Salvador da Bahia, Brasília en Manaus beslis. Al vyf was gasheerstadions vir die FIFA Sokker-Konfederasiebeker in 2013 en die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2014.

Stadions

Kaart van die sportplekke
Deodoro-stadion

18 sportplekke is tydens die Olimpiese Somerspele 2016 gebruik:

Legende
A Bestaande (geen permanente werk vereis)
B Bestaande (permanente werk benodig)
C Bykomende tydelike (speletjies afhanklik)
D Nuwe permanente
Nuwe wedstrydplekke
Sportplekke Sportsoorte Kapasiteit
Carioca Arena 1 D Basketbal 16 000
Carioca Arena 2 D Judo en Stoei 10 000
Carioca Arena 3 D Skermsport en Taekwondo 10 000
Olimpiese Akwatiese Stadion D Swem en Waterpolo (uitspeelwedstryse) 15 000
Olimpiese BMX-sentrum D Fietsry (BMX) 6 000
Olimpiese Gholfbaan D Gholf 20 000
Olimpiese Hokkiesentrum D Veldhokkie 15 000 (10 000 veld 1, 5 000 veld 2)
Olimpiese Tennissentrum (hoofbaan) D Tennis 19 750
Deodoro Olimpiese Whitewater-stadion D Kano/Kajak (slalom) 8 000
Rio Olimpiese Velodrome D Fietsry (baan) 5 000
Jeug Arena (Deodoro) D Basketbal (vroue se groepuitdunne), Moderne vyfkamp (skermsport) 5 000
Bestaande wedstrydplekke
Sportplekke Sportsoorte Kapasiteit
Deodoro Akwatiese Sentrum A Moderne vyfkamp (swem) 2 000
Maracanã-stadion A Ceremonies and Sokker (halfeindrondte 2, eindstryde) 74 738
Olimpiese Stadion (Engenhão) B Sokker (8 x groepuitdunne), Atletiek (baan en veld) 60 000
Rodrigo de Freitas Lagoon B Roei, Kano/Kayak (sprint) 14 000
Maracanãzinho Arena A Vlugbal 12 000
Maria Lenk Akwatiese Sentrum B Sierduik, Gesinchroniseerde swem, Waterpolo (groepwedstryde) 6 500
Marina da Glória B Seilvaart 10 000
Olimpiese Ruitersentrum B Ruitersport 14 000
Olimpiese Skietbaan B Skyfskiet Nie gelys nie
Rio Olimpiese Arena (HSBC Arena) A Gimnastiek 12 000
Riocentro – Pavilion 6 A Boks 9 000
Riocentro – Pavilion 3 A Tafeltennis 7 000
Riocentro – Pavilion 4 A Pluimbal 6 500
Sambódromo B Boogskiet, Atletiek (maraton) 36 000
Tydelike wedstrydplekke
Sportplekke Sportsoorte Kapasiteit
Copacabanastadion C Strandvlugbal 12 000
Deodorostadion C Moderne vyfkamp (perdry, gekombineerde hardloop en skiet) Rugbysewens 15 000
Fort Copacabana C Maratonswem, Fietsry (padwedlope), Driekamp 5 000
Future Arena C Handbal 12 000
Bergfietssentrum C Fietsry (bergfiets) 5 000
Pontal C Atletiek (renloop), Fietsry (tydproewe) 5 000
Riocentro – Pavilion 2 C Gewigoptel 6 500
Sportplekke buite Rio de Janeiro
Sportplekke Sportsoorte Ligging Kapasiteit
Mané Garrincha Nasionale Stadion A Sokker (8 x groepwedstryde, kwarteindrondte) Brasília, Distrito Federal 69 394
Mineirão A Sokker (6 x groepwedstryde, kwarteindrondte, W halfeindrondte, M 3rde plek) Belo Horizonte, Minas Gerais 58 170
Arena Fonte Nova A Sokker (8 x groepwedstryde, kwarteindrondte) Salvador, Bahia 51 700
Arena Corinthians A Sokker (6 x groepwedstryde, kwarteindrondte, M halfeindrondte, W 3de plek) São Paulo, São Paulo 48 234
Arena da Amazônia A Sokker (6 x groepwedstryde) Manaus, Amazonas 40 549

Kalender

Die volgende tabel dui die Spele se daaglikse program aan. 'n Blou blokkie beteken dat wedstryde plaasgevind het, maar dat geen medaljes op die spel was nie. 'n Geel blokkie dui aan dat medaljes toegeken is, die getal dui op die getal medaljeparades wat die dag gehou is.

 OS Openingseremonie   Wedstryde  1 Wedstryde met medaljes  UG Uitstallingsgala  SS Sluitingseremonie
Augustus 3
Wo
4
Do
5
Vr
6
Sa
7
So
8
Ma
9
Di
10
Wo
11
Do
12
Vr
13
Sa
14
So
15
Ma
16
Di
17
Wo
18
Do
19
Vr
20
Sa
21
So
Items
SeremoniesOSSS
Atletiek 3 5 4 5 5 4 6 7 7 1 47
Basketbal 1 1 2
Boks 1 1 1 1 1 1 3 4 13
Boogskiet 1 1 1 1 4
Driekamp 1 1 2
Fietsry Baan 1 2 2 1 1 3 18
Bergfietsry 1 1
BMX 2
Pad 1 1 1
Gesinchroniseerde swem 1 1 2
Gewigoptel 1 2 2 2 2 2 1 1 1 1 15
Gimnastiek Artistiek 1 1 1 1 4 3 3 UG 18
Ritmies 1 1
Trampolien 1 1
Gholf 1 1 2
Handbal 1 1 2
Judo 2 2 2 2 2 2 2 14
Kanovaart Slalom 1 1 2 16
Snel 4 4 4
Moderne vyfkamp 1 1 2
Pluimbal 1 1 2 1 5
Roei 2 4 4 4 14
Ruitersport 2 1 1 1 1 6
Seilvaart 2 2 2 2 2 10
Sewesrugby 1 1 2
Sierduik 1 1 1 1 1 1 1 1 8
Skermsport 1 1 1 1 2 1 1 1 1 10
Skyfskiet 2 2 2 1 2 1 2 2 1 15
Sokker 1 1 2
Stoei 2 2 2 3 3 2 2 2 18
Swem 4 4 4 4 4 4 4 4 1 1 34
Taekwondo 2 2 2 2 8
Tafeltennis 1 1 1 1 4
Tennis 1 1 3 5
Veldhokkie 1 1 2
Vlugbal Strandvlugbal 1 1 4
Binnenshuise vlugbal 1 1
Waterpolo 1 1 2
Totaal00012141415201924212217251623223012306
Kumulatief000122640557594118139161178203219242264294306
Augustus 3
Wo
4
Do
5
Vr
6
Sa
7
So
8
Ma
9
Di
10
Wo
11
Do
12
Vr
13
Sa
14
So
15
Ma
16
Di
17
Wo
18
Do
19
Vr
20
Sa
21
So
Items

Deelnemende nasies

Hier volg 'n alfabetiese lys van al die Nasionale Olimpiese Komitees wat deelgeneem het. Waar beskikbaar word die aantal atlete per land in hakies aangedui:

Suid-Afrikaanse deelname

Wayde van Niekerk as Suid-Afrika se vlagdraer tydens die openingseremonie in die Maracanã-stadion

Suid-Afrika het in totaal 2 goue, 6 silwer- en 2 bronsmedalje gewen:

  • Wayde van Niekerk het 'n goue medalje in die 400 m-naellope vir mans met 'n nuwe wêreldrekord van 43,03 sekondes gewen.
  • Caster Semenya het 'n goue medalje in die 800 m-naellope vir vroue gewen.
  • Cameron van der Burgh het silwer in die 100 m-borsslag vir mans gewen.
  • Chad le Clos het silwer in die 200 m-vryslag en 100 m-vlinderslag vir mans gewen.
  • Lawrence Brittain en Shaun Keeling het silwer in die tweeroeier sonder stuurman vir mans gewen.
  • Luvo Manyonga het silwer in verspring vir mans gewen.
  • Sunette Viljoen het silwer in spiesgooi vir vroue gewen.
  • Suid-Afrika se sewesrugbyspan wen brons in die toernooi vir mans nadat hulle Japan in die klein finale geklop het.
  • Henri Schoeman wen brons in die driekamp vir mans.

Getal medaljes

Kaart van medaljes volgens lande:
Goud vertoon lande, wat ten minste een goue medalje gewen het.
Silwer vertoon lande, wat ten minste een silwer medalje gewen het.
Brons vertoon lande, wat ten minste een brons medalje gewen het.
Blou vertoon lande, wat geen medaljes gewen het nie.
Rooi vertoon lande, wat nie aan die Olimpiese Somerspele 2016 deelgeneem het nie.

Hier is die top tien lande wat medaljes by die Spele verower het:

 Plek Land Deelnemers Goud Goud Silwer Silwer Brons Brons Totaal
1Vlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State (USA)554463738121
2Vlag van Verenigde Koninkryk Verenigde Koninkryk (GBR)36627231767
3Vlag van die Volksrepubliek China Volksrepubliek China (CHN)41326182670
4Vlag van Rusland Rusland (RUS)28219181956
5Vlag van Duitsland Duitsland (GER)42517101542
6Vlag van Japan Japan (JPN)3381282141
7Vlag van Frankryk Frankryk (FRA)39510181442
8Vlag van Suid-Korea Suid-Korea (KOR)20593921
9Vlag van Italië Italië (ITA)309812828
10Vlag van Australië Australië (AUS)4218111029
13Vlag van Brasilië Brasilië (BRA)46576619
30Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika (RSA)13726210

Verwysings

  1. "Factsheet – The Games of the Olympiad" (PDF) (in Engels). Internasionale Olimpiese Komitee. Desember 2017. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 23 Desember 2018. Besoek op 7 Maart 2018.
  2. "Factsheet – The Games of the Olympiad" (PDF) (in Engels). Internasionale Olimpiese Komitee. Desember 2017. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 23 Desember 2018. Besoek op 7 Maart 2018.
  3. "Factsheet – The Programme of the Games of the Olympiad" (PDF) (in Engels). Internasionale Olimpiese Komitee. Oktober 2017. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 22 April 2020. Besoek op 7 Maart 2018.
  4. "Factsheet – The Programme of the Games of the Olympiad" (PDF) (in Engels). Internasionale Olimpiese Komitee. Oktober 2017. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 22 April 2020. Besoek op 7 Maart 2018.
  5. "Factsheet – Opening Ceremony of the Games of the Olympiad" (PDF) (in Engels). Internasionale Olimpiese Komitee. 11 Januarie 2018. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 25 Desember 2018. Besoek op 7 Maart 2018.
  6. "Factsheet – Opening Ceremony of the Games of the Olympiad" (PDF) (in Engels). Internasionale Olimpiese Komitee. 11 Januarie 2018. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 25 Desember 2018. Besoek op 7 Maart 2018.
  7. "About Rio 2016 Summer Olympics". Rio 2016 Olympics Wiki (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 14 Junie 2020. Besoek op 7 Maart 2018.
  8. "Why Winter Olympics Bypass the Southern Hemisphere - Winter Olympics 2014" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 18 Mei 2020.
  9. (en) http://www.sascoc.co.za/2016/07/22/wayde-zanele-named-as-sa-flagbearers-at-rio-send-off/ Geargiveer 29 Junie 2018 op Wayback Machine
  10. (nl) Zeven kandidaten voor OS 2016, nu.nl Geargiveer 1 Desember 2022 op Wayback Machine – 14 September 2007
  11. (en) Four cities to compete to host the 2016 Olympic Games
  12. (nl) IOC vraagt kandidaten voor OS 2016, nu.nl Geargiveer 21 Junie 2007 op Wayback Machine – 16 Mei 2007
  13. (en) GamesBids.com Geargiveer 12 Mei 2008 op Wayback Machine – Kandidaatstede vir 2016
  14. "Past Olympic host city election results" (in Engels). GamesBids. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 10 November 2018. Besoek op 7 Maart 2018.
  15. (nl) G(h)olf en rugby in 2016 op Spelen, De Volkskrant, 9 Oktober 2009

Eksterne skakels

Olimpiese Spele Logo van die Olimpiese Spele

Olimpiese Somerspele: 1896   1900   1904   1906*   1908   1912   1916   1920   1924   1928   1932   1936   1940   1944   1948   1952   1956   1960   1964   1968   1972   1976   1980   1984   1988   1992   1996   2000   2004   2008   2012   2016   2020   2024   2028   2032

Olimpiese Winterspele: 1924   1928   1932   1936   1940   1944   1948   1952   1956   1960   1964   1968   1972   1976   1980   1984   1988   1992   1994   1998   2002   2006   2010   2014   2018   2022   2026   2030
Internasionale Olimpiese KomiteeNasionale Olimpiese Komitee
(*) Die spele van 1906 is deur die IOK georganiseer, maar word nie amptelik deur die IOK erken nie.

This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.