Olimpiese Somerspele 1980

Die Olimpiese Somerspele 1980 (Russies: И́гры XXII Олимпиа́ды, tr. Igry XXII Olimpiady), amptelik bekend as die Spele van die XXIIste Olimpiade, is tussen 19 Julie en 3 Augustus 1980 in Moskou, Sowjetunie, aangebied. Die enigste ander kandidaatstad vir die Spele was Los Angeles.

Die Olimpiese Stadion in Moskou
Spele van die XXIIe Olimpiade
Olimpiesespele van 1980

Gehou in Moskou, Sowjetunie
Deelnemende lande 80 Nasionale Olimpiese Komitees
Deelnemende atlete 5 179 (4 064 mans, 1 115 vroue)[2]
Items 203 in 21 sporte[4]
Openingseremonie 19 Julie 1980
Sluitingseremonie 3 Augustus 1980
Amptelik geopen deur President Leonid Brezjnef[6]
Atlete-eed Nikolaj Andrianof (gimnastiek)
Beampte-eed Aleksandr Medwed (stoei)
Olimpiese vlam Sergei Belof (basketbal)
Vorige Spele 1976: Montreal (Kanada)
Volgende Spele 1984: Los Angeles (VSA)

Die beslissing om die Spele aan Moskou toe te ken is deur die Internasionale Olimpiese Komitee in Oktober 1974 gemaak. Om die universaliteit van die Olimpiese Somerspele te onderstreep wou hulle dit aan 'n sosialistiese land toeken. Moskou, wat toe al oor heelwat sportinfrastruktuur beskik het, het perfek in die prentjie gepas.

As gevolg van 'n Amerikaans geleide boikot op inisiatief van president Jimmy Carter weens die Sowjetse inval in Afghanistan neem slegs 80 lande deel, die laagste getal lande sedert die Spele van 1956. Hierdie boikot is deur die Oosblok in 1984 beantwoord toe die meeste sosialistiese lande nie aan die Spele van 1984 in Los Angeles deelneem nie.

Die Olimpiese Winterspele 1980 is in Lake Placid, Verenigde State, aangebied. Die Paralimpiese Somerspele 1980 is tussen 21 en 30 Junie in Arnhem en Veenendaal, Nederland, gehou.

Toewysing

Konstantin Tsjernenko, president van die Sowjetse reëlingskomitee
Fakkel van die Olimpiese Somerspele 1980 in Moskou

Moskou is op 23 Oktober 1974 in Wene deur die Internasionale Olimpiese Komitee gekies as die gasheer vir die Olimpiese Somerspele in 1980. Die enigste ander kandidaat was Los Angeles. Los Angeles sal uiteindelik gasheer vir die volgende Olimpiese Somerspele 1984 word.

Die stemming het as volg verloop:

Stemming vir gasheer van die Olimpiese Somerspele 1980[7]
Stad Land Rondte 1
MoskouVlag van Sowjetunie Sowjetunie39
Los AngelesVlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State20

Sporte

21 Olimpiese sportsoorte in 203 dissiplines is tydens die Spele beoefen. Tydens die Spele is 204 goue medaljes oorhandig.

Stadions

28 sportplekke is tydens die Olimpiese Somerspele 1980 gebruik:

Sentrale Leninstadion-gebied

Openingseremonie van die Olimpiese Somerspele 1980
Die Olimpiese Dorp in Moskou
In die Krylatskoje Sportkompleks Kano- en Roeibekken is kanovaart en roeiwedstryde aangebied
In die Krylatsky Olimpiese Velodrom is die baanfietsrywedstryde beslis
Atletiek en die maraton is in die strate van Moskou gehou
Sluitingseremonie van die Olimpiese Somerspele 1980
Stadion Sporte Kapasiteit
Druzhba Veeldoelige ArenaVlugbal3 900
LuzhnikistadionAtletiek, Ruitersport (individuele spring), Sokker (eindstryd), seremonies (opening/sluiting)91 251
Minor ArenaVlugbal (eindstryd)8 512
Olimpiese swembadWaterpolo10 500
SportpaleisGimnastiek, Judo13 766
Strate van MoskouAtletiek (20 km/50 km-loop, maraton)Nie gelys nie

Olimpiese Sportkompleks

Stadion Sporte Kapasiteit
Olimpiese Stadion MoskouBasketbal (eindstryd), Boks33 970
Olimpiese swembadSierduik, Moderne vyfkamp (swem), Swem, Waterpolo (eindstryd)13 000

CSKA Gebied

Stadion Sporte Kapasiteit
CSKA SportkompleksSkermsport, Stoei, Moderne vyfkamp (skermsport)8 500
CSKA SportpaleisBasketbal5 500

Dinamostadion

Stadion Sporte Kapasiteit
DinamostadionSokker50 475
Dinamo Sentrale StadionVeldhokkie8 000
Dinamo SportpaleisHandbal5 000

Krylatskoje Park

Stadion Sporte Kapasiteit
Krylatskoje Sportkompleks BoogskietveldBoogskiet3 000
Krylatskoje Sportkompleks Kano- en RoeibekkenKanovaart, Roei21 600
Krylatskoje Sportkompleks FietsrybaanFietsry (individuele padwedloop)4 000
Krylatskoje Sportkompleks VelodromeFietsry (baan)6 000

Ander sportplekke in Moskou

Stadion Sporte Kapasiteit
Vakbonde se perdekompleksRuitersport (alle gebeure behalwe vir die individuele spring), Moderne vyfkamp (perdry, hardloop)12 000 (spring)
3 000 (dressuur)
2 000 (binnenshuise arena)
400 (uithouvermoë)
Jong PioniersstadionVeldhokkie (eindstryd)5 000
Dinamo SkietbaanModerne vyfkamp (skietsport), Skyfskiet2 330
Izmailowo SportpaleisGewigoptel5 000
Sokolniki SportpaleisHandbal (eindstryd)6 800

Sokkerstadions

Stadion Sporte Kapasiteit
Dinama-stadion (Minsk)Sokker50 125
Kirofstadion (Leningrad)Sokker74 000
Republikeinse stadion (Kiëf)Sokker100 169

Buite Moskou

Stadion Sporte Kapasiteit
Moskou-Minsk grootpadFietsry (padspan tydtoets)1 800
Olimpiese Regatta in TallinnSeilvaartNie gelys nie

Kalender

Die volgende tabel dui die Spele se daaglikse program aan. 'n Blou blokkie beteken dat wedstryde plaasgevind het, maar dat geen medaljes op die spel was nie. 'n Geel blokkie dui aan dat medaljes toegeken is, die getal dui op die getal medaljeparades wat die dag gehou is.

 OS Openingseremonie   Wedstryde  1 Wedstryde met medaljes  SS Sluitingseremonie
Datum Julie Augustus
19
Sa
20
So
21
Ma
22
Di
23
Wo
24
Do
25
Vr
26
Sa
27
So
28
Ma
29
Di
30
Wo
31
Do
1
Vr
2
Sa
3
So
Atletiek 3 3 5 4 5 5 3 10
Basketbal 2
Boks 11
Boogskiet 2
Fietsry 1 1 1 2 1
Gewigoptel 1 1 1 1 1 1 1 1 1 1
Gimnastiek 1 1 2 10
Handbal 2
Judo 1 1 1 1 1 1 1 1
Kanovaart 6 5
Moderne vyfkamp 2
Roei 6 8
Ruitersport 2 1 1 1 1
Seilvaart 6
Sierduik 1 1 1 1
Skermsport 1 1 1 1 1 1 1 1
Skyfskiet 1 1 1 1 1 1 1
Sokker 1
Stoei 3 3 4 3 3 4'
Swem 2 4 3 4 4 4 5
Veldhokkie 1 1
Vlugbal 1 1
Waterpolo 1
Totaal0571012191522221016141119201
SeremoniesOSSS
Datum 19
Sa
20
So
21
Ma
22
Di
23
Wo
24
Do
25
Vr
26
Sa
27
So
28
Ma
29
Di
30
Wo
31
Do
1
Vr
2
Sa
3
So
Julie Augustus

Deelnemende nasies

Hier volg 'n alfabetiese lys van al die Nasionale Olimpiese Komitees wat deelgeneem het. Waar beskikbaar word die getal atlete per land in hakies aangedui:

Getal medaljes

Kaart van deelnemende nasies in 1980:

 Neem vir die eerste keer deel

 Het reeds vantevore deelgeneem

 Deelname onder Olimpiese vlag

     Gasheerstad Moskou
Kaart van die Olimpiese boikotte van 1976, 1980 en 1984

Hier is die top tien lande wat medaljes by die Spele verower het:

 Plek Land Deelnemers Goud Goud Silwer Silwer Brons Brons Totaal
1Vlag van Sowjetunie Sowjetunie (URS)506806946195
2Flag of the German Democratic Republic Oos-Duitsland (GDR)362473742126
3Vlag van Bulgarye Bulgarye (BUL)2958161741
4Vlag van Kuba Kuba (CUB)21687520
5 Italië (ITA)16383415
6Vlag van Hongarye Hongarye (HUN)2797101532
7Vlag van Roemenië Roemenië (ROU)243661325
8 Frankryk (FRA)12565314
9 Verenigde Koninkryk (GBR)23157921
10Vlag van Pole Pole (POL)3203141532

Sien ook

Verwysings

  1. (en) "Factsheet – The Games of the Olympiad" (PDF). Internasionale Olimpiese Komitee. Desember 2017. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 23 Desember 2018. Besoek op 5 Maart 2018.
  2. (en) "Factsheet – The Games of the Olympiad" (PDF). Internasionale Olimpiese Komitee. Desember 2017. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 23 Desember 2018. Besoek op 5 Maart 2018.
  3. (en) "Factsheet – The Programme of the Games of the Olympiad" (PDF). Internasionale Olimpiese Komitee. Oktober 2017. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 22 April 2020. Besoek op 5 Maart 2018.
  4. (en) "Factsheet – The Programme of the Games of the Olympiad" (PDF). Internasionale Olimpiese Komitee. Oktober 2017. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 22 April 2020. Besoek op 5 Maart 2018.
  5. (en) "Factsheet – Opening Ceremony of the Games of the Olympiad" (PDF). Internasionale Olimpiese Komitee. 11 Januarie 2018. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 25 Desember 2018. Besoek op 5 Maart 2018.
  6. (en) "Factsheet – Opening Ceremony of the Games of the Olympiad" (PDF). Internasionale Olimpiese Komitee. 11 Januarie 2018. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 25 Desember 2018. Besoek op 5 Maart 2018.
  7. (en) "Past Olympic host city election results". GamesBids. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 10 November 2018. Besoek op 5 Maart 2018.

Bronne

Verdere leesstof

  • (en) David Wallechinsky (2004). The Complete Book of the Summer Olympics, Athens 2004 Edition. SportClassic Books. ISBN 978-1-894963-32-9.
  • (en) Bijkerk, Anthony T. (2004). "Pierre de Coubertin". In John E. Findling, Kimberly D. Pelle (red.). Encyclopedia of the Modern Olympic Movement. Greenwood Publishing Group. ISBN 0-313-32278-3. OCLC 52418065.
  • (de) Volker Kluge (2000). Olympische Sommerspiele. Die Chronik Teil 3. Mexiko Stadt 1968 – Los Angeles 1984. Berlin: Sportverlag. ISBN 3-328-00741-5.

Eksterne skakels

Olimpiese Spele Logo van die Olimpiese Spele

Olimpiese Somerspele: 1896   1900   1904   1906*   1908   1912   1916   1920   1924   1928   1932   1936   1940   1944   1948   1952   1956   1960   1964   1968   1972   1976   1980   1984   1988   1992   1996   2000   2004   2008   2012   2016   2020   2024   2028   2032

Olimpiese Winterspele: 1924   1928   1932   1936   1940   1944   1948   1952   1956   1960   1964   1968   1972   1976   1980   1984   1988   1992   1994   1998   2002   2006   2010   2014   2018   2022   2026   2030
Internasionale Olimpiese KomiteeNasionale Olimpiese Komitee
(*) Die spele van 1906 is deur die IOK georganiseer, maar word nie amptelik deur die IOK erken nie.

This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.