Olimpiese Somerspele 1948

Die Olimpiese Somerspele 1948 (Engels: 1948 Summer Olympics), amptelik bekend as die Spele van die XIVde Olimpiade, is tussen 29 Julie en 14 Augustus 1948 in Londen, Verenigde Koninkryk, aangebied. Londen is bo Baltimore, Lausanne, Los Angeles, Minneapolis en Philadelphia gekies.[7] Na 'n onderbreking van 12 jaar deur die Tweede Wêreldoorlog was dit die eerste Spele sedert die Somerspele van 1936 in Berlyn asook die tweede Olimpiade na die Olimpiese Somerspele 1908 wat in die Britse hoofstad gehou is. Die Olimpiese Winterspele 1948 is in St. Moritz, Switserland, aangebied.

Switserse roeiers het die Olimpiese vlag in 'n langboot vanuit Basel na Londen geneem
Spele van die XIVe Olimpiade
Olimpiesespele van 1948

Gehou in Londen, Verenigde Koninkryk
Deelnemende lande 59 Nasionale Olimpiese Komitees
Deelnemende atlete 4 104 (3 714 mans, 390 vroue)[2]
Items 136 in 17 sporte[4]
Openingseremonie 29 Julie 1948
Sluitingseremonie 14 Augustus 1948
Amptelik geopen deur Koning George VI[6]
Atlete-eed Don Finlay (atletiek)
Beampte-eed (sedert 1972)
Olimpiese vlam John Mark (atletiek)
Vorige Spele 1944: Londen (VK)
Volgende Spele 1952: Helsinki (Finland)

Die Somerspele was baie eenvoudig en het later as die Austerity Games bekend gestaan vanweë die ekonomiese klimaat waarin die na-oorlogse Verenigde Koninkryk hom bevind het. Weens die Britse regering se strenge besparingsbeleid is geen nuwe fasiliteite vir die Spele beplan en opgerig nie en atlete in bestaande behuising gehuisves. Die Olimpiese dorp in Uxbridge het uit kasernes bestaan, die vervoer was ontoereikend en voedsel soos vleis, botter, melk en brood was steeds gerantsoeneer.

Daar is ook op die infrastruktuur bespaar en geen nuwe sportplekke is vir die Spele opgerig nie. Die Wembley-stadion, wat eintlik 'n sokkerstadion is, het vir die geleentheid 'n atletiekbaan bygekry. Die nabygeleë Empire Pool is vir beide die saalsporte sowel as die swemkompetisies gebruik. Die fietsry het by die opgeknapte Herne Hill plaasgevind en daar is op die Teemsrivier geroei.

'n Rekordgetal van 59 nasies het aan die Spele deelgeneem en is deur altesaam 4 104 atlete in 17 sportdissiplines verteenwoordig, van wie 3 714 manlik en 390 vroulik was. Weens hul dade tydens die Tweede Wêreldoorlog is Duitsland en Japan deelname aan die Spele geweier. Die Sowjetunie is uitgenodig maar het verkies om geen atlete na Londen te stuur nie.[8]

Sporte

17 Olimpiese sportsoorte in 136 dissiplines is tydens die Spele beoefen. Tydens die Spele is 138 goue medaljes oorhandig. Daarbenewens is wedstryde in verskeie demonstrasiesporte beslis.

  • Lacrosse en Sweedse gimnastiek is as demonstrasiesporte aangebied.

Stadions

Sportplekke wat tydens die Olimpiese Somerspele 1948 gebruik is:

Binne Londen

Die Olimpiese vlam tydens die openingseremonie van die Olimpiese Somerspele 1948 in die Wembley-stadion
Openingseremonie van die 1948 Londen-Spele in die Wembley-stadion
Die twee torings van Wembley-stadion, voorheen bekend as Empire-stadion, in 2002
Empire Pool, nou bekend as Wembley Arena, in 2007
Stadion Sporte Kapasiteit
Arsenal-stadionSokker73 000
Champion HillSokker3 000
Craven CottageSokker25 700
Empire PoolBoks, Sierduik, Swem, Waterpolo12 500
Empire-stadionAtletiek, Ruitersport (spanspring), Veldhokkie (medaljewedstryde), Sokker (medaljewedstryde)82 000
Empress Hall, Earl's CourtBoks, Gimnastiek, Gewigoptel, Stoei19 000
Finchley LidoWaterpoloNie gelys nie
Green Pond Road-stadionSokker21 708
Griffin ParkSokker12 763
Guinness Sports ClubVeldhokkieNie gelys nie
Harringay ArenaBasketbal, StoeiNie gelys nie
Herne Hill VelodromeFietsry (baan)Nie gelys nie
Lynn RoadSokker3 500
Lyons' Sports ClubVeldhokkieNie gelys nie
Polytechnic Sports GroundVeldhokkieNie gelys nie
Royal Military AcademyModerne vyfkamp (hardloop)Nie gelys nie
Selhurst ParkSokker26 309
Wembley Palace of EngineeringSkermsportNie gelys nie
White Hart LaneSokker36 310

Buite Londen

Stadion Ligging Sporte Kapasiteit
Aldershot Command Central Sports GroundHampshireRuitersport (dressuur, driegangkampioenskap, individuele spring), Moderne vyfkamp (perdry, skermsport, swem)Nie gelys nie
Bisley National Rifle Association RangesBisley, SurreyModerne vyfkamp (skietsport), SkyfskietNie gelys nie
Fratton ParkPortsmouthSokkerNie gelys nie
Goldstone GroundBrightonSokkerNie gelys nie
Henley Royal RegattaHenley-on-ThamesKanovaart, RoeiNie gelys nie
TorbayDevonSeilvaartNie gelys nie
Tweseldown RacecourseFleet, HampshireRuitersport (driegangkampioenskap)Nie gelys nie
Windsor Great ParkWindsor, BerkshireFietsry (pad)Nie gelys nie

Deelnemende nasies

Hier volg 'n alfabetiese lys van al die Nasionale Olimpiese Komitees wat deelgeneem het. Waar beskikbaar word die getal atlete per land in hakies aangedui:

Suid-Afrikaanse deelname

Gerald Dreyer (liggewig) en George Hunter (ligswaargewig) wen goud, Dennis Shepherd (veergewig) silwer en John Arthur die bronsmedalje in boks.

Getal medaljes

Kaart van deelnemende nasies in 1948:

 Neem vir die eerste keer deel

 Het reeds vantevore deelgeneem

     Gasheerstad Londen

Hier is die top tien lande wat medaljes by die Spele verower het:

 Plek Land Deelnemers Goud Goud Silwer Silwer Brons Brons Totaal
1Vlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State (USA)30038271984
2Vlag van Swede Swede (SWE)18116111744
3Vlag van Frankryk Frankryk (FRA)3161061329
4Vlag van Hongarye Hongarye (HUN)1291051227
5Vlag van Italië Italië (ITA)213811827
6Vlag van Finland Finland (FIN)12987520
7Vlag van Turkye Turkye (TUR)5864212
8Flag of Czechoslovakia Tsjeggo-Slowakye (TCH)8762311
9Vlag van Switserland Switserland (SUI)181510520
10Vlag van Denemarke Denemarke (DEN)16257820
12Vlag van Verenigde Koninkryk Verenigde Koninkryk (GBR)398314623
18Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika (RSA)352114

Sien ook

Verwysings

  1. "Factsheet – The Games of the Olympiad" (PDF) (in Engels). Internasionale Olimpiese Komitee. Desember 2017. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 23 Desember 2018. Besoek op 4 Maart 2018.
  2. "Factsheet – The Games of the Olympiad" (PDF) (in Engels). Internasionale Olimpiese Komitee. Desember 2017. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 23 Desember 2018. Besoek op 4 Maart 2018.
  3. "Factsheet – The Programme of the Games of the Olympiad" (PDF) (in Engels). Internasionale Olimpiese Komitee. Oktober 2017. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 22 April 2020. Besoek op 4 Maart 2018.
  4. "Factsheet – The Programme of the Games of the Olympiad" (PDF) (in Engels). Internasionale Olimpiese Komitee. Oktober 2017. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 22 April 2020. Besoek op 4 Maart 2018.
  5. "Factsheet – Opening Ceremony of the Games of the Olympiad" (PDF) (in Engels). Internasionale Olimpiese Komitee. 11 Januarie 2018. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 25 Desember 2018. Besoek op 4 Maart 2018.
  6. "Factsheet – Opening Ceremony of the Games of the Olympiad" (PDF) (in Engels). Internasionale Olimpiese Komitee. 11 Januarie 2018. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 25 Desember 2018. Besoek op 4 Maart 2018.
  7. "Past Olympic host city election results" (in Engels). GamesBids. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 10 November 2018. Besoek op 4 Maart 2018.
  8. "'A very British Olympics'" (in Engels). BBC Sport. 18 Oktober 2005. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 24 Junie 2018. Besoek op 4 Maart 2018.

Verdere leesstof

  • (en) David Wallechinsky (2004). The Complete Book of the Summer Olympics, Athens 2004 Edition. SportClassic Books. ISBN 978-1-894963-32-9.
  • (en) Bijkerk, Anthony T. (2004). "Pierre de Coubertin". In John E. Findling, Kimberly D. Pelle (red.). Encyclopedia of the Modern Olympic Movement. Greenwood Publishing Group. ISBN 0-313-32278-3. OCLC 52418065.
  • (de) Volker Kluge (1998). Olympische Sommerspiele. Die Chronik Teil 2. London 1948 – Tokio 1964. Berlin: Sportverlag. ISBN 3-328-00740-7.

Eksterne skakels

Olimpiese Spele Logo van die Olimpiese Spele

Olimpiese Somerspele: 1896   1900   1904   1906*   1908   1912   1916   1920   1924   1928   1932   1936   1940   1944   1948   1952   1956   1960   1964   1968   1972   1976   1980   1984   1988   1992   1996   2000   2004   2008   2012   2016   2020   2024   2028   2032

Olimpiese Winterspele: 1924   1928   1932   1936   1940   1944   1948   1952   1956   1960   1964   1968   1972   1976   1980   1984   1988   1992   1994   1998   2002   2006   2010   2014   2018   2022   2026   2030
Internasionale Olimpiese KomiteeNasionale Olimpiese Komitee
(*) Die spele van 1906 is deur die IOK georganiseer, maar word nie amptelik deur die IOK erken nie.

This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.