Olimpiese Somerspele 1944

Die Olimpiese Somerspele 1944 (Engels: 1944 Summer Olympics), amptelik bekend as die Spele van die XIIIde Olimpiade, sou in 1944 gehou word, maar is na die uitbreek van die Tweede Wêreldoorlog afgelas. Die Spele is in Junie 1939 deur die Internasionale Olimpiese Komitee (IOK) aan Londen, Verenigde Koninkryk, toegewys. Ander kandidaatstede was Rome, Detroit, Lausanne, Athene, Boedapest, Helsinki en Montreal.[1] Maar net drie maande later het met die Duitse Inval van Pole op 1 September 1939 die Tweede Wêreldoorlog begin, wat tot 1945 sou duur.

Spele van die XIIIe Olimpiade
Olimpiesespele van 1944

Gehou in Londen, Verenigde Koninkryk
Deelnemende lande 0
Deelnemende atlete 0
Items 0
Openingseremonie Nie gehou nie
Sluitingseremonie Nie gehou nie
Amptelik geopen deur N.v.t.
Atlete-eed N.v.t.
Beampte-eed N.v.t.
Olimpiese vlam N.v.t.
Vorige Spele 1940: Helsinki (Finland)
Volgende Spele 1948: Londen (VK)

Na die oorlog is die volgende Spele, die Spele van 1948, sonder stemming aan die Verenigde Koninkryk toegeken.

Ten spyte van die oorlog het die IOK baie geleenthede in hul hoofkantoor in Lausanne, Switserland, georganiseer om die vyftigste herdenking van hul stigting te vier. Hierdie "Jubileevieringe van die IOK", so genoem deur Carl Diem, die skepper van die Olimpiese fakkelloop se moderne tradisie, is tussen 17 en 19 Junie 1944 gehou.[2]

Poolse krygsgevangenes in die Woldenberg (Dobiegniew) Oflag II-C krygsgevangenekamp is deur hul Duitse ontvoerders toestemming verleen om 'n nie-amptelike krygsgevangenes Olimpiade tussen 23 Julie en 13 Augustus 1944 aan te bied en 'n Olimpiese vlag, gemaak met 'n laken en stukkies gekleurde serpe, is gehys. Die geleentheid is beskou as 'n demonstrasie dat die Olimpiese gees oorloë transendeer.[3]

Toewysing

Londen is in Junie 1939 deur die Internasionale Olimpiese Komitee gekies as die gasheer vir die Olimpiese Somerspele in 1944. Ander kandidate was: Rome, Detroit, Lausanne, Athene, Boedapest, Helsinki en Montreal.

Die stemming het as volg verloop:

Stemming vir gasheer van die Olimpiese Somerspele 1944[4]
Stad Land Rondte 1
LondenVlag van Verenigde Koninkryk Verenigde Koninkryk20
RomeVlag van Italië Italië11
DetroitVlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State2
LausanneVlag van Switserland Switserland1
AtheneVlag van Griekeland Griekeland
BoedapestVlag van Hongarye Hongarye
HelsinkiVlag van Finland Finland
MontrealVlag van Kanada Kanada

Sien ook

Verwysings

  1. "The Olympic Summer Games Factsheet" (PDF) (in Engels). Internasionale Olimpiese Komitee. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 22 April 2020. Besoek op 20 Januarie 2018.
  2. (en) "Beijing 2008 Olympic Games: Mount Olympus Meets the Middle Kingdom | Beijing 2008 Olympic Games :: History of the Olympic Games". Encyclopædia Britannica. Besoek op 20 Januarie 2018.
  3. (en) Grys, Iwona (1996), "The Olympic Idea Transcending War", Olympic Review XXV (8 April–Mei 1996): 68, http://library.la84.org/OlympicInformationCenter/OlympicReview/1996/oreXXV8/oreXXV8zza.pdf, besoek op 20 Januarie 2018
  4. "Past Olympic Host City Election Results" (in Engels). GamesBids. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 30 April 2020. Besoek op 20 Januarie 2018.
Olimpiese Spele Logo van die Olimpiese Spele

Olimpiese Somerspele: 1896   1900   1904   1906*   1908   1912   1916   1920   1924   1928   1932   1936   1940   1944   1948   1952   1956   1960   1964   1968   1972   1976   1980   1984   1988   1992   1996   2000   2004   2008   2012   2016   2020   2024   2028   2032

Olimpiese Winterspele: 1924   1928   1932   1936   1940   1944   1948   1952   1956   1960   1964   1968   1972   1976   1980   1984   1988   1992   1994   1998   2002   2006   2010   2014   2018   2022   2026   2030
Internasionale Olimpiese KomiteeNasionale Olimpiese Komitee
(*) Die spele van 1906 is deur die IOK georganiseer, maar word nie amptelik deur die IOK erken nie.

This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.