Olimpiade
'n Olimpiade is 'n periode in die Griekse geskiedenis van 4 jaar waartydens daar vir die Olimpiese Spele voorberei is.
Die ou Olimpiese Spele begin in 776 voor Christus en word elke 4 jaar gehou, waar 'n olimpiade die periode tussen die spele aangedui. Ou skrywers het onder andere gebeurtenisse aan die hand hiervan gedateer.
Tans begin 'n olimpiade op 1 Januarie van die jaar waarop die Olimpiese Somerspele gehou word. Die eerste moderne Olimpiade begin in 1896, die tweede in 1900, ens. Die nege-en-twintigste olimpiade begin in 2008.
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.