Oligoseen
Die Oligoseen is 'n tydperk in die geologiese tydskaal tussen 33,9 en 23,03 miljoen jaar gelede. Die Oligoseen kom na die Eoseen en voor die Mioseen.
Era | Periode | Epog | Tyd gelede (in miljoen jaar) |
---|---|---|---|
Kainosoïkum | Kwartêr | Holoseen | 0 - 0,0117 |
Pleistoseen | 0,0117 - 2,588 | ||
Neogeen | Plioseen | 2,588 - 5,333 | |
Mioseen | 5,333 - 23,03 | ||
Paleogeen | Oligoseen | 23,03 - 33,9 | |
Eoseen | 33,9 - 56,0 | ||
Paleoseen | 56,0 - 65,5 | ||
Mesosoïkum | Kryt | Laat | ouer |
Dit was 'n tydperk met 'n relatief koel klimaat, waartydens daar yskappe op Antarktika was en die bosse wat die kontinente bedek het, plekgemaak het vir oop grasvelde. Dít het die evolusie van die soogdiere beïnvloed: meer groot grasvreters het hulle verskyning gemaak. Ook insekbevolkings het sterk gegroei en versprei. Onder die primate het die eerste soort primate wat op moderne ape lyk verskyn.
Klimaat
Die Oligoseen begin met die Eoseen-Oligoseen-uitwissing wat saamgaan met 'n groot verandering in die aarde se klimaat. Die Eoseen was 'n warme tydperk, maar aan die einde het Suid-Amerika en Australië losgeraak van die Antarktiese kontinent. Dit het die seestromings van die oseane verander omdat 'n koue sirkumpolêre stroom Antarktika sterk afgekoel het. Dit het die eerste yslae op hierdie kontinent veroorsaak, hoewel nie die hele kontinent onder 'n yskap verdwyn het nie. Die vlak van die oseane het laer geword en die klimaat van die hele planeet het opgehou 'n broeikas te wees.
Eksterne skakels
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Oligoseen.
- Wikiwoordeboek het 'n inskrywing vir Oligoseen.