Olenjok
Die Olenjok (Russies: Оленёк / Оленек, Olenek; Jakoeties: Өлөөн, Ölöön) is 'n groot noord-vloeiende rivier in Siberië. Dié rivier, met 'n lengte van 2 292 km (1 424 myl), ontspring in die Sentraal-Siberiese Plato in die Krasnojarsk-krai. Aansluitend vloei dié rivier in 'n oostelike rigting deur die Jakoetië-republiek en bereik Olenjok. Vanaf hier vloei die Olenjok in 'n noordoostelike rigting en mond in 'n delta net wes van die Lena s'n in die Laptefsee uit.[1]
Olenjok | |
---|---|
![]() Die stroomgebied van die Olenjok | |
Oorsprong | Sentraal-Siberiese Plato, Krasnojarsk-krai, Rusland |
Monding | Jakoetië, Rusland Laptefsee |
Stroomgebied | Rusland |
Lengte | 2 292 km (1 424 myl) |
Mondinghoogte | 0 m (0 voet) |
Gemiddelde afloop | 1 210 m³/s (43 000 ft³/s) |
Stroomgebiedopp. | 219 000 km² (84 500 myl²) |
![]() Kaart van die Olenjok-bekken in Asië |
Die Olenjok se omgewing is gekenmerk deur die Taiga, wat by die kus verder noord in Toendra oorgaan. Dié rivier vries in Oktober en bly tot Mei-Junie onder die ys.
Verwysings
- "Olenyok River" (in Engels). Encyclopædia Britannica. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Augustus 2016. Besoek op 17 Augustus 2017.
Eksterne skakels
Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Olenjok.
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.