Ojos del Salado
Ojos del Salado (volle naam: Nevado Ojos del Salado) is 'n berg in Suid-Amerika wat in die ooste van die Atacamawoestyn op die grens tussen Argentinië en Chili geleë is. Met 'n hoogte van 6 893 meter is dit die hoogste vulkaan ter wêreld, die tweede hoogste berg in die Andes, Suid-Amerika, die Amerikas, die Suidelike Halfrond en die Westelike halfrond ná die Aconcagua. Die Ojos del Salado is die tweede hoogste berg buite Asië en die 189ste hoogste berg ter wêreld. Dit is een van die Vulkaniese Sewe Kruine.
Ojos del Salado | |
---|---|
Die Chileense bergspits van die Ojos del Salado soos vanaf die Argentynse een gesien | |
Ligging | Atacamawoestyn, Chili en Argentinië |
Hoogte | 6 893[1] meter bo seevlak |
Reeks | Andes |
Koördinate | 27°6′34″S 68°32′24″W |
Bergtipe | Stratovulkaan |
Eerste bestyging | 26 Februarie 1937 |
Eerste bestyger(s) | Justyn Wojsznis en Jan Szczepanski |
Ojos del Salado |
Verwysings
- (en) "Ojos del Salado, Argentina/Chile" Peakbagger.com. Besoek op 30 April 2015.
Eksterne skakels
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Ojos del Salado.
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.