Oimjakon
Oimjakon (Russies: Оймякон; Jakoeties: Өймөкөөн) is ’n dorp met 462 inwoners in Oimjakonski Oeloes van die Republiek van Sacha (Jakoetië) in Rusland. Dit is aan die Indigirka-rivier, 30 km noordwes van Tomtor aan die Kolima-snelweg, geleë.
Oimjakon Оймякон Өймөкөөн | |
---|---|
Stad | |
Die ligging van Jakoetië in Rusland | |
Oimjakon Die ligging van Oimjakon in Jakoetië | |
Koördinate: 63°27′39″N 142°47′09″O | |
Land | Rusland |
Deelgebied | Jakoetië |
Regering | |
• Tipe | Stad-okroeg |
• Burgemeester | Rosalija Kondakowa |
Hoogte | 741 m (2 431 ft) |
Bevolking | |
• Totaal | 462 |
Tydsone | UTC+11:00 (WLAT) |
Poskode | 41154 |
Skakelkodes | 7 86352 |
Oimjakon is bekend daarvoor dat dit die heeltyds bewoonde plek is waar die laagste temperatuur nog gemeet is (-71,2 °C op 26 Januarie 1926). Dit is egter betwisbaar omdat die temperatuur nie direk gemeet is, maar verkry is deur ekstrapolasie. Dis ook die laagste temperatuur wat nog in die Noordelike Halfrond gemeet is behalwe vir ’n nieamptelike laagste gemete temperatuur van -77,5 °C by die Loganberg in die Yukon, Kanada. Net in Antarktika is laer amptelike temperature al gemeet – die laagste was -89,2 °C naby die Russiese stasie Wostok.
Die weerstasie van Oimjakon is in ’n vallei tussen dié dorp en Tomtor op ’n hoogte van 750 m bo seespieël. Die omringende berge van 1 100 m hoog veroorsaak dat koue lug deur die vallei trek. Die temperatuur by Oimjakon daal dikwels onder -40 °C. In 2008 is -60,2 °C op beide 19 Januarie en 22 Desember gemeet.
Die naam in Sacha beteken "water wat nie vries nie"; dit is danksy ’n warmwaterbron daarnaby. Die grond daar is ysgrond, wat permanent bevrore is.
Maand | Jan | Feb | Mrt | Apr | Mei | Jun | Jul | Aug | Sep | Okt | Nov | Des | Jaar |
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Rekord-hoogste (°C) | -16,6 | -16,2 | 2 | 11,7 | 26,2 | 31,1 | 32,6 | 31,4 | 23,7 | 11 | -2,1 | -6,5 | 32,6 |
Hoogste gemiddelde (°C) | -40,7 | -35 | -21,9 | -3,6 | 9,2 | 19,9 | 22,2 | 18,2 | 8,9 | -8,9 | -32,5 | -41,9 | -8,8 |
Laagste gemiddelde (°C) | -49,2 | -47 | -41,2 | -24 | -4,8 | 4 | 5,8 | 1,6 | -4,7 | -20,6 | -41,4 | -48,9 | -22,5 |
Rekord-laagste (°C) | -68 | -64,6 | -60,6 | -46,4 | -28,9 | -9,7 | -9,3 | -17,1 | -25,3 | -47,6 | -58,5 | -62,8 | -68 |
Reënval (mm) | 8 | 7 | 5 | 5 | 12 | 34 | 48 | 38 | 22 | 16 | 12 | 8 | 215 |
Bron:[1]
Verwysings
- Hierdie artikel is merendeels vertaal vanaf die Engelse Wikipedia-artikel en:Oymyakon
- "Погода и Климат - Климат Оймякона" (in Russies). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 20 Januarie 2013. Besoek op 8 Desember 2008.
Eksterne skakels
- 1996/'97-Oimjakon-ekspedisie Geargiveer 13 Mei 2008 op Wayback Machine
- 2008/'09-Oimjakon-ekspedisie Geargiveer 25 Desember 2008 op Wayback Machine
- Die lewe in Oimjakon. AskYakutia.com