Ohlangarivier
Die Ohlangarivier is 'n rivier in KwaZulu-Natal, Suid-Afrika, wat 3 km noord van uMhlanga, KwaZulu-Natal, noord van Durban in die Indiese Oseaan uitmond.[1] Die rivier het uitgebreide rietbeddings in die monding,[2] wat slegs 7 km verder suidwes vanaf die mond van die Mdlotirivier is.[3] Tans is hierdie rivier deel van die Mvoti tot Umzimkulu Waterbestuursgebied.[4]
Ohlangarivier Umhlangarivier | |
---|---|
![]() Ohlanga-strandmeer | |
Stroomgebied | KwaZulu-Natal, Suid-Afrika |
Monding | Umhlanga, Indiese Oseaan |
Lengte | 28 km |
Monding-hoogte | 0 m |
Koördinate: 29°42′9″S 31°6′0″O |
Umhlanga-bewarea
By die rivier se mond is daar 'n strandmeer,[5] omring deur die Umhlanga-bewarea. Hierdie gebied sluit die 26 hektaar Umhlanga Lagoon Natuurreservaat in, wat vir die publiek toeganklik is. Die gebied bevat bosbokke, grys- en blouduikers, en talle voëls, insluitend die mees suidelike voorkoms van kuifkoptarentale.[5]
Huberta die seekoei
Huberta, die bekende seekoei, het op pad langs die kus vanaf die St Lucia-riviermond na die Oos-Kaap by die rivier gestop. Daar is gepoog om haar te vang terwyl sy daar was.
Verwysings
- Tourism KwaZulu-Natal, About Durban
- South African Birding, Umhlanga Conservancy Geargiveer 3 Oktober 2006 op Wayback Machine
- A comparative study of zooplankton dynamics in two subtropical temporarily open/closed estuaries, South Africa
- Mvoti to Umzimkulu WMA 11
- KZN Wildlife,Umhlanga Lagoon Geargiveer 5 November 2006 op Wayback Machine, verkry 10 September 2006