Objekgeoriënteerde programmering
Objekgeoriënteerde programmering (OOP) is 'n paradigma of verwysingsraamwerk in rekenaarwetenskap waarvolgens sagtewarekomponente as 'n stel voorwerpe (objekte) gemodelleer word wat interaktief (reageer met mekaar) is. Dit word gewoonlik geïmplementeer deur gebruik te maak van 'n objekgeoriënteerde programmeertaal.
Voor OOP-tale ontwikkel is, was meeste programmeertale prosedureel (bv. die taal C). In prosedurele tale lê die klem op aksies (funksies) wat take kan verrig deur data te verwerk. Data en aksie is geskei. Hierdie benadering bemoeilik die ontwikkeling van sagteware omdat daar nie oor entiteite wat met mekaar kan reageer gedink kan word nie, maar eerder in terme van data en die aksies wat hierop uitgevoer kan word.
OOP voer egter aan dat die data en funksiedeel van dieselfde eenheid of objek moet wees.
Sleutelbegrippe in objek-oriëntasie:
- Abstraksie (Abstraction)
- Oorerwing (Inheritance)
- Enkapsulerig (Encapsulation)
- Polimorfisme (Polymorphism)
Die eerste OOP-taal is in 1966 deur Ole-Johan Dahl en Kristen Nygaard van die Norwegian Computing Center geskep. Simula is hoofsaaklik gebruik om rekenaarsimulasies te skep, bv. hoe aansteeklike siektes oor 'n gebied versprei of hoe lugverkeer 'n blokkade oor 'n lughawe mag skep.
In 1972 het Alan Kay van die Xerox Palo Alto Navorsingslaboratorium SmallTalk geskep. Hy het later bekendheid verwerf vir die skepping van die voorloper van die alombekende Windows.
C++ is deur Bjarne Stroustrup van AT&T-laboratoriums in Kalifornië, VSA geskep. Hy het besef dat C reeds baie voordele inhou en het dit verder uitgebrei.