Nukus
Nukus (Karakalpaks: Nókis, Нөкис; Oesbekies: Nukus, Нукус) is die hoofstad en grootste stad van die outonome republiek Karakalpakië in Oesbekistan met 'n bevolking van 312 100 in 2018. Die selfregerende stad is langs die rivier Amoedarja net suid van die Aralmeer en net noord van die grens tot Turkmenistan geleë. Nukus is veral bekend vir sy Kunsmuseum
Nukus | |
---|---|
Stad | |
'n Uitsig oor Nukus | |
Vlag Wapen | |
Nukus Ligging in Oesbekistan | |
Koördinate: 42°28′00″N 59°36′00″O | |
Land | Oesbekistan |
Outonome republiek | Karakalpakië |
Stigting | 1860 |
Hoofstad | 1 April 1932 |
Oppervlak | |
• Totaal | 222 km2 (86 vk. myl) |
Hoogte | 76 m (249 ft) |
Bevolking | |
• Totaal | 312 100 |
• Digtheid | 1 400/km2 (3 600/vk. myl) |
Tydsone | UTC+05:00 (UZT) |
Poskode | 2301xx |
Skakelkodes | (+998) 61 |
Webwerf | nukus.uz |
Nukus is in 1860 gestig en dien sedert 1 April 1932 as hoofstad van die Republiek Karakalpakië. Nukus het in die 1950's van 'n klein nedersetting tot 'n groot, moderne Sowjetse stad ontwikkel met breë lane en groot openbare geboue. Nadat die Sowjetse diktator Josef Stalin die oprigting van katoenplantasies in opdrag gegee het, waarvoor die water van die Amoedarja in klein kanale weggelei is, het die Aralmeer in die 1960's geleidelik begin krimp. Sedertdien is die laer Amoedarja net 'n klein spruit en mondig nie meer in die Aralmeer in nie. Vervolgens verander die klimaat meer en meer in dié van 'n droë woestyn. Dit knou die ekonomiese ontwikkeling van die stad en die streek, omdat die eens volop visvoorkoms verdwyn het en die kantoenverwerking ook daal.
Verwysings
Eksterne skakels
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Nukus.
- (en) Toerisme-inligting oor Nukus op Wikivoyage
- (uz) Amptelike webwerf
- (en) "Nukus". Encyclopædia Britannica. Besoek op 25 Januarie 2019.