Nuer (taal)

Nuer (Thok Naath) is 'n Nilo-Sahariese taal wat deur die Nuer-volk van Suid-Soedan en westelike Ethiopië (Gambela) as moedertaal gepraat word.

Duitstalige taalkundige kaart van Soedan. Let op die ou grens tot op 9 Julie 2011, wanneer Suid-Soedan sy onafhanklikheid verkry het
Nuer
Thok Naath
Gepraat in: Vlag van Ethiopië Ethiopië
Vlag van Suid-Soedan Suid-Soedan 
Gebied: Soedangebied
Totale sprekers: 896 280[1]
Taalfamilie: Nilo-Saharies
 Oos-Soedannees
  Niloties
   Wes-Niloties
    Dinka-Nuer
     Nuer 
Skrifstelsel: Latynse alfabet
Taalkodes
ISO 639-1: geen
ISO 639-2: nus
ISO 639-3: nus

Nuer is die naaste verwant aan Dinka, die taal van die Nuer se tradisionele aartsvyande, die Dinka; albei is van Oos- en Sentraal-Afrika se mees verspreide inheemse tale. Luo is ook nou verwant.

Nuer is nes baie Afrikatale tonaal met 'n onderwerp-werkwoord-voorwerp-volgorde. Dit word in die Latynse alfabet met bykomende letters geskryf.

Die Nuer-volk bly veral langs die Nylrivier, in die besonder die oostelike oewer van die Wit Nyl – 'n belangrike sytak wat in 'n noordelike rigting deur Suid-Soedan vloei – noord en suid van die Sudd in die suidelike Sudan se drie voormalige provinsies: Bahr el Ghazal, Bo-Nyl en suidelike Kordofan. Sedert 9 Julie 2011 behoort die gebied tot Suid-Soedan.

Verwysings

  1. "Ethnologue: Languages of the World, Seventeenth edition, Nuer" (in Engels). Ethnologue. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 26 September 2019. Besoek op 11 Augustus 2019.

Eksterne skakels

This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.