Nqamakwe

Nqamakwe is 'n klein dorpie in die voormalige Transkeistreek van die Oos-Kaap, Suid-Afrika. Die dorpie is gesetel op 'n koppie van 990 m en is gestig as 'n administratiewe sentrum vir die gebied van die Fingo's.

Nqamakwe
Nqamakwe is in Oos-Kaap
Nqamakwe
Nqamakwe
 Nqamakwe se ligging in Oos-Kaap
Koördinate: 32°12′S 27°56′O
LandVlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
ProvinsieOos-Kaap
DistrikAmathole
MunisipaliteitMnquma
Oppervlak
  Totaal1,47 km2 (0,57 vk. myl)
Bevolking
 (2011)[1]
  Totaal1 558
  Digtheid1 060/km2 (2 700/vk. myl)
Rasverdeling (2011)
  Wit mense1.5%
  Indiërs/Asiërs0.6%
  Bruin mense1.9%
  Swart mense94.7%
  Ander1.2%
Taal (2011)
  Xhosa 94.4%
  Engels 1.1%
  Ander 4.5%
Poskode (strate)
Poskode (posbusse)
4990
Skakelkode047

Distrik

Die distrik is 1 222 km2 groot en die belangrikste ekonomiese aktiwiteit is bees- en skaapboerdery. Die naaste dorpe is Tsomo en Butterworth. Die bekende Blythswood Opleidingsentrum naby die dorp is deur die Fingo's self ontwikkel en in 1877 ingewy. Dit is na kaptein M Blyth vernoem. Hy was in daardie stadium die Britse agent in Fingoland.

Sien ook

Bron

  1. "Hoofplek Nqamakwe". Sensus 2011.
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.