Noxolo Kiviet
Noxolo Kiviet (gebore 21 Julie 1963, Oos-Londen) is 'n Suid-Afrikaanse politikus. Sy was vanaf 2009 tot 2014 die premier van die Oos-Kaap, nadat sy sedert 2004 in die Oos-Kaapse Provinsiale Wetgewer gedien het.[1]
Noxolo Kiviet | |
Adjunkminister van Openbare werke en Infrastruktuur | |
Ampsbekleër | |
Termynaanvang 30 Mei 2019 | |
President | Cyril Ramaphosa |
---|---|
Voorafgegaan deur | Pos geskep |
Ampstermyn 6 Mei 2009 – 20 Mei 2014 | |
Voorafgegaan deur | Mbulelo Sogoni |
Opgevolg deur | Phumulo Masualle |
Speaker van die Oos-Kaapse Provinsiale Wetgewer (2x) | |
Ampstermyn 21 Mei 2014 – 7 Mei 2019 | |
Voorafgegaan deur | Fikile Xasa |
Opgevolg deur | Helen Sauls-August |
Ampstermyn 2004 – 2009 | |
Voorafgegaan deur | Mkhangeli Matomela |
Opgevolg deur | Fikile Xasa |
Voorsitter van die portefeuljekomitee van die Premier van die Oos-Kaap | |
Ampstermyn 2003 – 2004 | |
Persoonlike besonderhede | |
Gebore | 21 Julie 1963 Oos-Londen, Suid-Afrika |
Politieke party | African National Congress |
Alma mater | Universiteit van Fort Hare |
Kiviet is 'n lid van die regerende African National Congress. Na die algemene verkiesing van Mei 2019 het Kiviet 'n lid van die Nasionale Vergadering van Suid-Afrika geword. Sy is deur president Cyril Ramaphosa as adjunkminister van openbare werke en infrastruktuur aangewys.[1] Sy neem op 30 Mei 2019 die amp aan en dien saam met minister Patricia de Lille.[2] In Maart 2023 is sy bevorder tot Minister van Staatsdiens en Administrasie.[3]
Opleiding
Sy het 'n B.Admin asook 'n B.Admin (honneurs) aan die Universiteit van Fort Hare behaal. In 2010 was sy een van die belangrikste gegradueerdes aan Fort Hare, met die toekenning van die Meestersgraad in Publieke Administrasie. In 'n onthulling deur ondersoekende joernalistiek-organisasie is vrae geopper oor die geloofwaardigheid van haar beweerde opleiding.[4]
Verwysings
- "Noxolo Kiviet". People's Assembly. Besoek op 30 Junie 2022.
- Mkentane, Luyolo (30 Mei 2019). "'Humbled and honoured' minister De Lille vows to keep fighting for justice". BusinessLIVE (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 5 Junie 2019. Besoek op 8 Januarie 2020.
- Zyl, Corné van (6 Maart 2023). "Cabinet reshuffle: Here's EVERY change made by Ramaphosa". The South African (in Engels). Besoek op 7 Maart 2023.
- https://www.youtube.com/watch?v=qy-JplV7RTI
Voorafgegaan deur Pos geskep |
Adjunkminister van Openbare werke en Infrastruktuur 2019– |
Opgevolg deur sittend |
Voorafgegaan deur Mbulelo Sogoni |
Premier van die Oos-Kaap 2009–2014 |
Opgevolg deur Phumulo Masualle |