Nowgorod-oblast

Nowgorod-oblast (Russies: Новгоро́дская о́бласть, Nowgorodskaja oblast) is ’n oblast (deelgebied) van Rusland. Dit lê tussen Moskou en Sint Petersburg in die Noordwestelike Federale Distrik en die hoofstad is Weliki Nowgorod.

Nowgorod-oblast
Новгородская область
Die ligging van Nowgorod-oblast in Rusland.
Die ligging van Nowgorod-oblast in Rusland.
Politieke status
Land Russiese Federasie
Federale distrikNoordwestelike
Ekonomiese streekNoordwestelike
Stigting7 Mei 1944
Regering
HoofstadNowgorod
LeierSergei Mitin
AmpGoewerneur
WetgewerOblast-doema
Bevolking
Sensus2010
Totaal634 111
Volgorde69ste
Digtheid11,47/km2
Stedelik70,6%
Plattelands29,4%
Statistiek
Oppervlakte55 300 km2
Volgorde48ste
TydsoneUTC+04:00
Registrasienommer53
Amptelike taleRussies
Webtuistehttp://www.niac.natm.ru/
Wapen en vlag

Portaal  Portaalicoon   Rusland

Van die oudste Russiese stede, soos Weliki Nowgorod en Staraja Roessa, is hier geleë. Die historiese monumente van Weliki Nowgorod en die omgewing is ’n Unesco-wêrelderfenisgebied.

Geografie

Nowgorod-oblast grens aan Leningrad-oblast in die noorde en noordweste, Wologda-oblast in die ooste, Twer-oblast in die suide en suidooste en Pskof-oblast in die suidweste.

Die westelike deel is ’n laagland om die Ilmen-meer, terwyl die oostelike deel ’n hoogland is (die noordelike uitlopers van die Waldai-heuwels).[1] Die hoogste punt is Berg Rizjocha (296 m).

Demografie

Nowgorod-oblast se bevolking is volgens die 2002-sensus 694 355, die laagste van al die oblaste in die Europese deel van Rusland. Een van die redes is dat die streek swaar getref is tydens die Tweede Wêreldoorlog. Altesaam 70% van die bevolking woon in die tien stede en dorpe.

Die bevolking is redelik homogeen, met net vyf volke met meer as 2 000 mense tydens die laaste sensus. Sowat 93,92% is Russe, en die res is Oekraïners, Belarusse, Roma, Tatare en ander klein groepe.

Ekonomie

Nowgorod-oblast is bekend vir sy wetenskap- en arbeidsintensiewe sektore, veral in die chemiese en die woudbedryf. Die ingenieurs-, metaalwerk-, elektronika-, chemiese, woud- en papierbedryf vervaardig amper die helfte van die streek se markbare produkte.

Die grootste nywerheidsentrums is Weliki Nowgorod, Staraja Roessa en Borowitsji.

Verwysings

  1. Darby, William; Brookes, Richard (1827). Darby's Universal Gazetteer: Or, A New Geographical Dictionary ... Oorspronklik van die New York Public Library: Bennett & Walton. p. 837.

Eksterne skakels

This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.