November

November is die elfde maand van die jaar in die Gregoriaanse kalender, met 30 dae. Die naam kom van die Latyn novem vir "nege" (dit was oorspronklik die negende maand van die jaar, voor Januarie en Februarie ingevoeg is).

<< November 2023 >>
So Ma Di Wo Do Vr Sa
1234
567891011
12131415161718
19202122232425
2627282930
Al die dae

November begin elke jaar op dieselfde dag van die week as Maart, asook Februarie behalwe in skrikkeljare.

Gebeure in November

  • Allerheiligedag - 'n Christelike vakansiedag word op 1 November gevier, die dag na Halloween. In Swede is Allerheiligedag 'n amptelike vakansiedag en vind dit plaas op die eerste Saterdag van November.
  • In Ierland word 1 November beskou as die eerste dag van die winter.
  • 1 November word genoem Novemberdag (Lá Samhna) in Keltiese tradisie en dus word dit genoem Mí na Samhna in die Ierse Kalender.
  • Amerikaanse Federale verkiesings word gehou op die Dinsdag na die eerste Maandag van November in ewegetaljare. Dit val dus op tussen 2 November en 8 November.
  • Die Amerikaners vier Thanksgiving op die vierde Donderdag van November.
  • In Brittanje en Nieu-Seeland word Guy Fawkes-nag gevier op 5 November, die herdenking van die mislukte buskruitsameswering.

Sien ook

Eksterne skakels

Maande van die jaar
Januarie | Februarie | Maart | April | Mei | Junie | Julie | Augustus | September | Oktober | November | Desember
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.