Nouveau Stade de Bordeaux

Die Nouveau Stade de Bordeaux (ook bekend as die Matmut Atlantique),[1] is 'n rugby- en sokkerstadion in Bordeaux, Frankryk. Dit is die tuisveld van die sokkerklub FC Girondins de Bordeaux en die rugbyklub Union Bordeaux Bègles. Dit het sitplek vir 42 115 toeskouers.

Nouveau Stade de Bordeaux
Die verligte stadion Nouveau Stade de Bordeaux

Ligging Bordeaux, Frankryk
Koördinate 44°53′50″N 0°33′41″O
Eienaar Stad Bordeaux
Operateur Stade Bordeaux-Atlantique
Kapasiteit 42 115
Oppervlak Gras
Konstruksie
Gebou 2012
Geopen 23 Mei 2015
Boukoste 183 miljoen €
Argitek Herzog & de Meuron
Huurders
FC Girondins de Bordeaux (Sokker)
Union Bordeaux Bègles (Rugby)

Geskiedenis

Binnekant
Binnekant

Bouwerk het in November 2012 begin en is in April 2015 voltooi. Die stadion is op 18 Mei 2015 ingewy. Die eerste wedstryd was Bordeaux teen Montpellier op 23 Mei 2015, die laaste dag van die ligaseisoen. Die gasheer het 2–1 gewen, met albei doele deur Diego Rolan.[2]

Die stadion was gasheer vir die halfeindronde van die 2014–15 Top 14-seisoen in rugby,[3] en het ook vyf wedstryde tydens die Europese Sokkerkampioenskap 2016 aangebied, insluitend een kwarteindstryd.

Op 7 September 2015 was dit gasheer vir die Franse nasionale sokkerspan in 'n vriendskaplike oorwinning van 2–1 oor Serwië. In September 2016 is die veld gekies as die gasheer van die 2018 Coupe de la Ligue-finaal as deel van planne om die geleentheid by verskeie plekke buite Parys aan te bied.

Die Frans-Kanadese sangeres Céline Dion het op 29 Junie 2017 die eerste musiekkonsert by die stadion uitgevoer.[4]

Die hardrockgroep Guns N' Roses het tydens hul Not In This Lifetime....Tour by die stadion opgetree op 26 Junie 2018.[5]

Die stadion is gelys as een van ses wat sokker in Parys aanbied vir die Olimpiese Somerspele 2024.[6]

In November 2017, nadat die Franse bod gewen het, is die stadion bevestig as een van nege om die Rugbywêreldbeker 2023 aan te bied.[7]

Die stadionborg is Matmut, 'n Franse versekeringsmaatskappy.

Wedstryde

Europese Sokkerkampioenskap 2016

Datum Tyd Span 1 Telling Span 2 Rondte Toeskouers
11 Junie 201618:00Vlag van Wallis Wallis2–1Vlag van Slowakye SlowakyeGroep B37 831
14 Junie 201618:00Vlag van Oostenryk Oostenryk0–2Vlag van Hongarye HongaryeGroep F34 424
18 Junie 201615:00Vlag van België België3–0Flag of Ireland IerlandGroep E39 493
21 Junie 201621:00Vlag van Kroasië Kroasië2–1Vlag van Spanje SpanjeGroep D37 245
2 Julie 201621:00Vlag van Duitsland Duitsland1–1 (6–5 straf.)Vlag van Italië ItaliëKwarteindrondte38 764

Rugbywêreldbeker 2023

Datum Tyd Span 1 Telling Span 2 Rondte Toeskouers
9 September 202315:30Ierse Rugbyvoetbalunie-vlag  Ierland82–8Vlag van Roemenië RoemeniëGroep B41 170
10 September 202321:00Vlag van Wallis Wallis32–26Vlag van Fidji FidjiGroep C41 274
16 September 202315:00Vlag van Samoa Samoa43–10Vlag van Chili ChiliGroep D39 291
17 September 202315:00Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika76–0Vlag van Roemenië RoemeniëGroep B38 789
30 September 202317:45Vlag van Fidji Fidji17–12Vlag van Georgië GeorgiëGroep C39 862

Konserte

Konserte by Nouveau Stade de Bordeaux
Datum Kunstenaar Toer Bywoning
29 Junie 2017 Vlag van Kanada Céline Dion Celine Dion Live 2017 31 140
26 Junie 2018 Vlag van Verenigde State van Amerika Guns N' Roses Not in This Lifetime.... Tour 29 389
29 Mei 2019 Vlag van Engeland Ed Sheeran ÷ Tour 41 449
16 Julie 2019 Vlag van Engeland Muse Simulation Theory World Tour 38 613
4 Junie 2022 Vlag van Frankryk Indochine Central Tour 53 483
4 Julie 2023 Vlag van Engeland Depeche Mode Memento Mori World Tour
14-15 Julie 2023 Vlag van Frankryk Mylène Farmer Nevermore 2023
1 Augustus 2023 Vlag van Kanada The Weeknd After Hours till Dawn Tour

Verwysings

  1. (en) "France: Bordeaux stadium signs naming rights deal". stadiumdb.com. 3 September 2015. Besoek op 11 Januarie 2020.
  2. (fr) "BORDEAUX FÊTE SON ENTRÉE DANS SON NOUVEAU STADE EN BATTANT MONTPELLIER". football365.fr. 23 Mei 2015. Besoek op 11 Januarie 2020.
  3. (fr) "TOP 14, LES DEMI-FINALES 2015 À BORDEAUX". lnr.fr. 1 Desember 2014. Besoek op 12 Januarie 2020.
  4. (fr) "En images. Céline Dion a assuré le show au Matmut Atlantique de Bordeau". Sud Ouest. 30 Junie 2017. Besoek op 13 Januarie 2020.
  5. (en) admin (26 Junie 2018). "Guns N' Roses Bordeaux, France June 26, 2018 Concert Recap and Videos!". Guns N' Roses Central | Latest Guns N' Roses News & Videos. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 17 Februarie 2022. Besoek op 12 Junie 2020.
  6. (en) "Stade de Bordeaux". paris2024.org. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 13 Januarie 2020. Besoek op 13 Januarie 2020.
  7. (en) "The 9 stadiums for 2023 RWC in France". sport24.co.za. 15 November 2017. Besoek op 28 Julie 2018.

Eksterne skakels

This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.