North Head-vuurtoring, Saldanhabaai

Die North Head-vuurtoring in Saldanhabaai is 'n 21 meter (70 voet) hoë ronde betontoring met 'n fokale vlak van 34 m (112 voet).[1] Dit is geverf met swart en wit spriaalbande en lewer drie wit flitse elke 20 sekondes.[2] Die vuurtoring staan op die noordelike oewer, by die ingang van Saldanhabaai-hawe. Dit is een van twee vuurtorings by die ingang van die hawe. Die ander toring is die South Head-vuurtoring aan die suidelike kant van die hawe-ingang. Die reguit lyn tussen die twee vuurtorings is die amptelike aankomslyn vir skepe wat die hawe binnegaan.[3]

Geskiedenis

Die eerste vuurtoring by North Head, Saldanhabaai, wat in 1939 opgerig is, was 'n gaslantern met 'n mishoring wat op 'n vierkantige betonpilaar gemonteer was. Dit was voldoende om klein vissersbote in en uit Saldanhabaai-hawe te begelei, maar namate groter skepe die hawe begin gebruik het vir die uitvoer van ystererts, was dit nodig om die vuurtoring op te gradeer.[3]

In 1969 is die vuurtoring opgegradeer na 'n 21 meter hoë tralietoring met 'n elektriese lig.[3] Die tralietoring is in 2005 vervang met die huidige betontoring.[3]

Sien ook

Verwysings

Vlag van Suid-Afrika Vuurtorings van Suid-Afrika
Atlantiese Kus en Valsbaai:

Dasseneiland  Doringbaai  Groenpunt  Groenriviermond  Hondeklipbaai  Kaap Columbine  Kaappunt (Diaspunt)  Kaappunt (Kaap Maclear)  Kaapstadhawe-breekwater  Kaap St. Martin  Milnerton  Mouillepunt  North Head, Saldanhabaai  Port Nolloth  Robbeneiland  Roman Rock  Simonstad-skeepswerf  Slangkop  South Head, Saldanhabaai  Stompneuspunt

Kaapse Suidkus:

Cape Seal  Danger Point  Hangklip  Kaap Agulhas  Kaap Infanta  Kaap Sint Blaize  Quoin Point  Ystervarkpunt

Oos-Kaap:

Castle Point  Deal-vuurtoring  Donkin Hill  Groot-Vispunt  Hood Point  Kaap Hermes  Kaap Morgan  Kaap Recife  M’bashe Point  Seal Point  South Sand Bluff  Voëleiland

KwaZulu-Natal:

Anglo-American-gebou  Cooper  Durnford Point  Green Point (Clansthal)  Ifafastrand  Jesser Point  Kaap St. Lucia  Kaap Vidal  North Sand Bluff  Ou Bluff-vuurtoring  Port Shepstone  Richardsbaai-Noord-breekwater  Richardsbaai  Umhlanga Rocks

This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.