Nordiese Raad

Die Nordiese Raad en die Nordiese Raad van Ministers is 'n samewerkingsforum vir die parlemente en regerings van die Nordiese lande. Dit is na die Tweede Wêreldoorlog gevestig en die eerste konkrete resultaat wat dit bereik het was die invoer van gemeenskaplike arbeidsmark, maatskaplike versekering en bewegingsvryheid sonder paspoorte vir burgers van die lande in 1952.

Logo van die Nordiese Raad
Die hoofkantoor van die Nordiese Raad in Kopenhagen, Denemarke.

Die Nordiese Raad bestaan uit verkose lede wat die vyf lande en drie outonome gebiede waaruit dit bestaan verteenwoordig. Die lede van die raad is lede van die nasionale parlemente van die lidlande van die Raad wat deur hulle onderskeie politieke partye genomineer word. Daar is dus nie 'n prosedure vir die verkiesing tot die Nordiese raad nie. Die Nordiese Raad wat deur 'n Presidium gelei word hou sedert 1996 elke herfs 'n gewone sessie en spesiale sessies word van tyd tot tyd om spesifieke temas gehou. Die Raad en lede van die lidlande se regerings kom ook op jaarlikse grondslag byeen om samesprekings te hou. Voortdurende politieke werk word deur komitee en party groepe behartig.[1]

Lidlande

Lidlande van die Nordiese Raad
Die vlae van die lidlande
Land Lidmaatskap Parlement Status van lidmaatskap Verteenwoordig sedert Lede
Vlag van Denemarke Denemarke Volledig Folketinget Onafhanklike land 1952 16
Vlag van Finland Finland Volledig Eduskunta Onafhanklike land 1955 18
Vlag van Noorweë Noorweë Volledig Storting Onafhanklike land 1952 20
Vlag van Swede Swede Volledig Riksdag Onafhanklike land 1952 20
Vlag van Ysland Ysland Volledig Alþingi Onafhanklike land 1952 7
Vlag van Åland Åland Geassosieerd Lagting Outonome land in Finland 1970 2
Flag of the Faroe Islands Faroëreilande Geassosieerd Løgting Outonome land in die Koninkryk van Denemarke 1970 2
Vlag van Groenland Groenland Geassosieerd Landsting Outonome land in die Koninkryk van Denemarke 1984 2
Vlag van Estland Estland Waarnemend
Vlag van Letland Letland Waarnemend
Vlag van Litaue Litaue Waarnemend

Die Nordiese raad werk ook met die Baltiese Raad wat 'n soortgelyke organisasie vir die Baltiese lande Estland, Letland, en Litaue is. Die doel van die Nordiese raad se samewerking met die Baltiese Raad is ter wille van demokratiese, sosio-ekonomiese en kulturele ontwikkeling in die Oosseegebied en Noord-Europa. Samewerking met die Baltiese Raad neem verskillende vorms aan insluitend gesamentlike werksgroepe, werksvergaderings en sedert 2006 'n jaarlikse spitsvergadering.[2]

Die Nordiese Raad het inligtingskantore in al drie Baltiese lande asook in Rusland (in Sint Petersburg en Kaliningrad). Die Raad het ook spesifieke samewerkinsgprogramme met Duitsland en Pole.

Die Faroëreilande het te vore die wens uitgespreek om 'n volle lid eerder as assosiaat lid van die Raad te wees.[3]

Sekretaris-generaals

Die Nordiese Raad is gestig op 12 Februarie 1953.[4]

  • Jan-Erik Enestam (Finland) Augustus 2007 - hede
  • Frida Nokken (Noorweë) September 1999 - Julie 2007
  • Berglind Ásgeirsdóttir (Ysland) Augustus 1996 - April 1999
  • Anders Wenström (Swede) September 1994 - Julie 1996
  • Jostein Osnes (Noorweë) Januarie 1990 - Augustus 1994
  • Gehard af Schultén (Finland) Februarie 1987 - Desember 1989
  • Ilkka-Christian Björklund (Finland) September 1982 - Januarie 1987
  • Gudmund Saxrud (Noorweë) Augustus 1977 - Augustus 1982
  • Helge Seip (Noorweë) Desember 1973 - Augustus 1977
  • Emil Vindsetmoe (Noorweë) Julie 1971 - Junie 1973

Verwysings

Eksterne skakels

This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.