Noord-Sotho (taal)
Die taal Noord-Sotho (Sesotho sa Leboa in Noord-Sotho) is een van die elf amptelike landstale van Suid-Afrika. Dit word deur ongeveer 4 618 500 mense as moedertaal gepraat (2011-sensus), hoofsaaklik Noord-Sotho's. Noord-Sotho is deel van die Sotho-taalfamilie en die Bantoetale.
Noord-Sotho Sesotho sa Leboa | ||
---|---|---|
Gepraat in: | Suid-Afrika | |
Gebied: | Gauteng, Limpopo, Mpumalanga | |
Totale sprekers: | 4,6 miljoen (moedertaal, 2011)[1] 9,1 miljoen (tweede taal in Suid-Afrika, 2002)[2] | |
Taalfamilie: | Niger-Kongo Atlanties-Kongo Volta-Kongo Benue-Kongo Bantoïed Suidelike Bantoïed Bantoetale Suidelike Bantoetale Sotho Noord-Sotho | |
Skrifstelsel: | Latynse alfabet | |
Amptelike status | ||
Amptelike taal in: | Suid-Afrika | |
Gereguleer deur: | Pan-Suid-Afrikaanse Taalraad | |
Taalkodes | ||
ISO 639-1: | geen | |
ISO 639-2: | nso | |
ISO 639-3: | nso | |
Aangesien die Pedigroep die grootste deel uitmaak van die heterogene Noord-Sothogroep, word daar soms na Noord-Sotho verwys as Pedi (Sepedi in Noord-Sotho).[3]
In vroeër jare is dit veral deur sendelinge verhef tot skryftaal.[3]
Woorde
Algemene woorde en frases:
Afrikaans | Noord-Sotho |
---|---|
Welkom | Kamogelo (naamwoord) / Amogela (werkwoord) |
Dankie | Ke a leboga (ek bedank u) / Re a leboga (ons bedank u) |
Goeiedag / Hallo | Dumela (enkelvoud) / Dumelang (meervoud) |
Totsiens | Sala gabotse (bly wel) / Sepela gabotse (gaan wel) |
Ek soek werk | Nna ke nyaka mošomô |
Rook verbode | Ga go kgogwe |
Geen ingang | Ga go tsenwe |
Pasop vir die trap | Hlokomela distepse |
Pasop! | Ela tlhoko! |
Veels geluk met jou verjaarsdag | Mahlatse letšatšing la matswalo |
Seisoengroete | Ditumedišo tša Sehla sa Maikhutšo |
Geseënde Kersfees | Mahlogonolo a Keresemose |
Geseënde Kersfees en voorspoedige Nuwejaar | Mahlogonolo a Keresemose le ngwaga wo moswa wo monate |
Sien ook
Verwysings
- "Ethnologue: Languages of the World, Seventeenth edition, Sotho, Northern" (in Engels). Ethnologue. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 18 Mei 2020. Besoek op 21 Januarie 2016.
- (en) Webb, Vic. 2002. "Language in South Africa: the role of language in national transformation, reconstruction and development." Impact: Studies in language and society, 14:78
- [dooie skakel]
Bronne
Eksterne skakels
Wikimedia Commons bevat media in verband met Northern Sotho language. |
Taalhulpmiddels
- Vrye en gratis Noord-Sotho speltoetser vir OpenOffice, Mozilla Firefox en Mozilla Thunderbird Geargiveer 9 Februarie 2007 op Wayback Machine
- Noord-Sotho-sleutelbord Geargiveer 3 Oktober 2006 op Wayback Machine
Sagteware in Noord-Sotho
- Mozilla Firefox Geargiveer 3 Oktober 2006 op Wayback Machine – webblaaier
- Mozilla Thunderbird Geargiveer 3 Oktober 2006 op Wayback Machine – e-posprogram
- OpenOffice.org Geargiveer 3 Oktober 2006 op Wayback Machine – kantoorsuite
- Translate.org.za Geargiveer 28 Junie 2007 op Wayback Machine – 'n Projek om vrye en oopbronsagteware in Noord-Sotho en ander Suid-Afrikaanse tale te vertaal
- Pootle Geargiveer 19 September 2010 op Wayback Machine – Aanlynvertaling van Noord-Sotho-oopbronsagteware
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.