Noord-Ossetië-Alanië

Die Republiek van Noord-Ossetië-Alanië (Russies: Республика Северная Осетия – Алания, Respoeblika Sewjernaja Osetija – Alanija; Osseties: Республикӕ Цӕгат Ирыстон – Алани, Respublikæ Tsægat Iryston-Alani) is ’n republiek (’n deelgebied) van Rusland. Die hoofstad is Wladikafkaz. Die bevolking van Noord-Ossetië se godsdiens is grotendeels Russies-Ortodoks.

Republiek van Noord-Ossetië-Alanië
Республикӕ Цӕгат Ирыстон – Алани
Die ligging van Noord-Ossetië-Alanië in Rusland.
Die ligging van Noord-Ossetië-Alanië in Rusland.
Politieke status
Land Russiese Federasie
Federale distrikNoord-Kaukasiese
Ekonomiese streekNoord-Kaukasiese
Stigting7 Julie 1924
Regering
HoofstadWladikafkaz
LeierTaimoeraz Mamsoerof[1]
AmpPresident
WetgewerParlement
Bevolking
Sensus2010
Totaal712 980
Volgorde64ste
Digtheid89,12/km2
Stedelik63,8%
Plattelands36,2%
Statistiek
Oppervlakte8 000 km2
Volgorde79ste
TydsoneUTC+04:00
Registrasienommer15
Amptelike taleRussies, Osseties
Webtuistehttp://www.rso-a.ru/
Wapen en vlag

Portaal  Portaalicoon   Rusland

Politiek en ekonomie

In teenstelling met die Georgiese Suid-Ossetië beskik die Russiese Noord-Ossetië oor 'n goed ontwikkelde industriële sektor wat grotendeels in die hoofstad Wladikafkaz gekonsentreer is en 'n moderne burgerlike lughawe in Beslan. Die belangrikste Russiese militêre basis en lughawe in die Kaukasus-gebied, Mosdok, is eweneens in Noord-Ossetië geleë.

Betrekkinge met die naburige Islamitiese republieke Ingoesjetië en Tsjetsjnië in die ooste en Kabardino-Balkarië in die weste was in die verlede uiters gespanne. In 1992 is vermoedelik 400 Ingoesjete in pogroms vermoor. Die gyselaarsdrama in 'n skool in Beslan het meer as 300 menselewens geëis. In die 1990's het duisende bewoners van Suid-Ossetië na die noorde gevlug.

Geografie

Kaart van Noord-Ossetië-Alanië

Die republiek lê in die Noord-Kaukasus en sowat 22% bestaan uit woude.

Al die riviere behoort tot die opvanggebied van die Terekrivier. Van die grootstes sluit in:

  • Terek (~600 km)
  • Oeroech (104 km)
  • Ardon (101 km)
  • Kambileiefka (99 km)
  • Gizeldon (81 km)
  • Fiagdon
  • Soenzja (278 km)

Al die berge in die republiek is deel van die Kaukasus. Berg Kazbek is die hoogste piek (5 033 m) en Berg Dzjimara die tweede hoogste (4 780 m).

Natuurlike hulpbronne

Natuurlike hulpbronne sluit in minerale (koper, silwer en sink), hout, mineraalwater, hidroëlektriese krag, olie en gas.

Verwysings

Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia-artikel
  1. Amptelike webtuiste van Noord-Ossetië-Alanië. Taimoeraz Mamsoerof Geargiveer 13 Augustus 2008 op Wayback Machine (ru)
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.