Noord-Friesland

Noord-Friesland (Duits: Nordfriesland, Nederduits: Noordfreesland, Deens: Nordfrisland, Noord-Fries: Nordfraschlönj/Nordfriislon/Nuurdfriisklun) is 'n streek in die noordweste van die Duitse deelstaat Sleeswyk-Holstein wat rofweg tussen die Eider- en Wiedauriviere geleë is en ook 'n aantal eilande, waaronder die Noord-Friese eilande Sylt, Amrum en Föhr, en Helgoland insluit. Noord-Friesland is die noordelikste deel van die oorspronklike Friese taalgebied in Noord-Duitsland en Noord-Nederland.

Die oorspronklike Noord-Friese taalgebied (geel) aan die weskus van die huidige deelstaat Sleeswyk-Holstein, omstreeks 800 tot 1100 n.C.
Vlag van Noord-Friesland
Wapen van Noord-Friesland

Die huidige administratiewe distrik Nordfriesland in Sleeswyk-Holstein, wat in 1970 gevorm is, sluit naas Noord-Friesland ook gebiede in wat oorspronklik deur Jute bewoon is. Die laasgenoemde beslaan sowat 'n derde van die distrik se oppervlakte.

Eksterne skakels

This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.