Nongoma
Nongoma is 'n klein dorp, en die setel van die Nongoma Plaaslike Munisipaliteit, in die noordooste van KwaZulu-Natal, Suid-Afrika. Dit lê sowat 300 km noord van Durban en 56 km van Ulundi, die hoofstad van Zululand. Die dorp het in 2011 'n bevolking van 7 629 gehad.[1] Die R618-streeksroete gaan deur die dorp.
Nongoma Zoeloe: kwaNongoma | |
---|---|
'n Straat in Nongoma | |
Nongoma Nongoma se ligging in KwaZulu-Natal | |
Koördinate: 27°53′S 31°38′O | |
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | KwaZulu-Natal |
Distrik | Zululand |
Munisipaliteit | Nongoma |
Stigting | 1887 |
Oppervlak | |
• Totaal | 8,50 km2 (3,28 vk. myl) |
Hoogte | 802 m (2 631 ft) |
Bevolking (2011)[1] | |
• Totaal | 7 629 |
• Digtheid | 898/km2 (2 330/vk. myl) |
Rasverdeling (2011) | |
• Wit mense | 0.9% |
• Indiërs/Asiërs | 0.7% |
• Bruin mense | 0.8% |
• Swart mense | 97.0% |
• Ander | 0.6% |
Taal (2011) | |
• Zoeloe | 92.7% |
• Engels | 2.3% |
• Ndebele | 1.2% |
• Ander | 3.8% |
Poskode (strate) | 3950 |
Skakelkode | 035 |
Geskiedenis
Die dorpie het ontstaan toe 'n magistraatskantoor in 1887 hier gestig is. Die plaaslike naam is kwaNongoma (die plek van die wiggelaar). Die wiggelaar verwys na koning Zwide, hoof van die Ndwandwe.
Distrik
Die distrik is 2 180 km2 groot en gemengde boerdery word beoefen.
Sien ook
Bronne
- Erasmus, B.P.J. (1995). Op Pad in Suid-Afrika. Jonathan Ball Uitgewers. ISBN 1-86842-026-4.
Verwysings
- "Hoofplek Nongoma". Sensus 2011.
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.