Nomsa Tarabella Marchesi

Nomsa Tarabella Marchesi (gebore 2 Julie 1970) is 'n politikus en was 'n lid van die Nasionale Vergadering van Suid-Afrika vir die Demokratiese Alliansie. Sy was 'n sweep in die skadukabinet van die vorige leier, Mmusi Maimane. Sy het daarna gedien op die portfoliokomitee oor Basiese Onderwys in die Suid-Afrikaanse parlement.

Nomsa Marchesi

Lid van die parlement

Persoonlike besonderhede
Gebore Nomsa Innocencia Tarabella Marchesi
2 Julie 1970 (1970-07-02)
Politieke party Demokratiese Alliansie

Op 21 April 2023 het Marchesi skadu-adjunkminister van Vroue, Jeug en Persone met Gestremdhede geword, en 'n Addisionele lid by diie Polisie portufelje met 'n fokus op geslagsgebaseerde geweld.[1]

Marchesi het op 15 Augustus 2023 uit die DA en die Parlement bedank en by RISE Mzansi as sy Vrystaatse sameroeper aangesluit.[2]

Verwysings

  1. "Mathew Cuthbert replaces Gwen Ngwenya as DA's head of policy". SowetanLIVE (in Engels). Besoek op 21 April 2023.
  2. Maliti, Soyiso. "'Not very much inclusive': MP dumps DA for Rise Mzansi, citing Steenhuisen, Zille's leadership". News24 (in Engels (VSA)). Besoek op 29 Augustus 2023.
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.