Nomos

’n Nomos (van die Griekse Νομός, “distrik”) was ’n administratiewe afdeling in Antieke Egipte. Die gebruik van die Griekse woord eerder as die Egiptiese sepat kom uit die Ptolemeïese Tydperk, toe die gebruik van Grieks algemeen was in Egipte. Griekse rekords oor Egipte het daartoe gelei dat latere historici die term verkies het.

’n Kaart van die nomosse van Benede-Egipte.
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.