Nokia Lumia 930

Nokia Lumia 930 is 'n topvlak-slimfoon wat deur Nokia ontwikkel is en waarop Microsoft se Windows Phone 8.1-bedryfstelsel loop. Die toestel is op 2 April 2014 gedurende die Microsoft Build 2014-konferensie bekend gestel en in Julie 2014 as opvolger van Nokia se Lumia 925-vlagskip-slimfoon op internasionale markte buite die Verenigde State geloods.

Nokia Lumia 930
OntwikkelaarNokia
FabrikantMicrosoft Mobile
BekendstellingJulie 2014
BedryfstelselWindows Phone 8.1
Skerm5 duim-AMOLED FHD 1920 x 1080 beeldpunte met Gorilla Glass 3
Kamera20 megapiksel Carl Zeiss PureView met f/2,4-lensopening
2de KameraHD 1280 x 720 beeldpunte
Geheue2 GB
Afmetings137 x 71 x 9,8 mm
Massa167 g
VormStaaf
BatteryLi-Ion 2420 mAh
SVE2,2 GHz Quad-core Qualcomm Krait 400
Berging32 GB
Grafika verwerkingseenheidQualcomm Adreno 330
VoorgangerNokia Lumia 925
Nokia Lumia 920
OpvolgerMicrosoft Lumia 950 en 950 XL
Portaal    Wetenskap en Tegnologie

Die Lumia 930 baseer grotendeels op die Nokia Lumia Icon-slimfoon wat uitsluitlik in die VSA verkrygbaar is en daar eksklusief deur Verizon Wireless versprei word. Die twee modelle deel dieselfde ontwerp en tegniese besonderhede, behalwe vir die bedryfstelsel wat op hulle loop. Die Icon word met Windows Phone 8 verkoop.

Die Nokia Lumia 930-slimfoon is in 2015 opgevolg deur Microsoft se Lumia 950 met die nuwe Windows 10-bedryfstelsel.

This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.