Niuies
Niuies (ko e vagahau Niuē) is 'n Maleis-Polinesiese taal wat saam met Engels die amptelike tale van die eilandnasie Niue, 'n gebied van die Koninkryk van Nieu-Seeland, vorm. Die teks van Niue se volkslied, Ko e Iki he Lagi, is in Niuies.
Niuies ko e vagahau Niuē | ||
---|---|---|
Gepraat in: | Nieu-Seeland | |
Gebied: | Oseanië | |
Totale sprekers: | 7 067[1] | |
Taalfamilie: | Austronesies Maleis-Polinesies Oseanies Polinesies Tongies Niuies | |
Skrifstelsel: | Latynse alfabet | |
Amptelike status | ||
Amptelike taal in: | Nieu-Seeland | |
Gereguleer deur: | geen | |
Taalkodes | ||
ISO 639-1: | geen | |
ISO 639-2: | niu | |
ISO 639-3: | niu | |
Taalkundiges klassifiseer Niuies as 'n Tongiese taal wat nou verwant aan Tongaans van Tonga is. Dit is ietwat minder verwant aan Oos-Polinesiese tale soos Cookeilandse Māori, Hawais, Māori, Rapa Nui en Tahitiaans asook Wes-Polinesiese tale soos Samoaans, Tokelauaans en Tuvaluaans, en het daarnaas nog 'n los verbintenis met Fidjiaans.
Niuies word deur 7 067 mense gepraat.
Verwysings
- "Ethnologue: Languages of the World, Seventeenth edition, Niue" (in Engels). Ethnologue. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 15 April 2020. Besoek op 18 Februarie 2018.
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.