Nitriet

'n Nitriet is 'n sout wat die komplekse anioon bevat of 'n ester wat die -ONO groep bevat. Die anioon is die suurres van nitroësuur.

Eienskappe

Algemeen

NaamNitriet  
 
Termochemiese radius1,87 Å [1] 
71,7 [Scm2/mol][2]
Lys van anione

Die oksidasietoestand van die sentrale stikstofatoom is +3 (III). Die anioon het basiese eienskappe. Nitriete is baie oplosbaar in water. By verhitting ontleed 'n nitriet en vorm en . [3]

Produksie

Nitriet kan geproduseer word deur eers ammoniak katalities te oksideer tot 'n mengsel van stikstofmonoksied NO en stikstofdioksied NO2 en hierdie gas in 'n oplossing van natriumkarbonaat te lei.[4]

Nitriet in vleis

Nitriet word toegevoeg aan vleis om te verhinder dat dit bederf en dat die bakterie Clostridium botulinum botulisme veroorsaak. Ongelukkig kan nitriet ook reageer met vrye aminosure en amines in die vleis en N-nitrosamine vorm. Hierdie spesie kan kanker veroorsaak.[5]

Sien ook

Verwysings

  1. Thermochemical Radii of Complex Ions Helen K. Roobottom, H. Donald B. Jenkins, Jack Passmore, Leslie Glasser Journal of Chemical Education 76(11) 1999, bls. 1570
  2. aqion.
  3. . Alfa Aesar https://www.alfa.com/en/nitrite-salts/. {{cite web}}: Ontbrekende of leë |title= (hulp)
  4. "US patent 2032699 A j.w. Ahyes et al. 1936" (in Engels).
  5. Ronald B. Pegg, Fereidoon Shahidi Nitrite Curing of Meat, 2000, 0-917678-50-8
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.