Nikkelien

Nikkelien of nikkeliet is 'n mineraal wat hoofsaaklik uit nikkelarsenied (NiAs) bestaan.

Nikkelien
 
Nikkelienkristalle (swart) met bismut en silwer 
FormuleNiAs 
OnsuiwerhedeSb, Fe, Co, S  
KleurLigkoperkleurig, kan dof loodgrys tot swart word 
StreepLig bruinswart 
GlansMetaalagtig, kan dof word 
Hardheid5 – 5,5 
Digtheid7,784 [g/cm3] 
Kristallografie 
KristalsisteemHeksagonaal 
RuimtegroepP6/mmc 
Strukturbericht-kodeB8 
Nommer194 
Eenheidsela = 3.602 Å, c = 5.009 Å[1] 
* Lys van minerale
Portaal Geologie

Kristalstruktuur

Die nikkelarsenied-struktuur is die argetipe van die strukturbericht-klassifikasie se B8-struktuur. Dit is op die heksagonale digpakking gebaseer of eintlik op die dubbelheksagonale digpakking met 'n volgorde van stapeling wat as ...ACABACABACAB... weergegee kan word. Die arseenatome vorm die A-lae en die nikkelatome vorm afwisselend die B- of C-lae. In hierdie struktuur word die nikkelatome oktaëdries en die arseenatome trigonaal-prismaties omring.[2]

Daar is baie stowwe (gewoonlik M:X=1:2 met M=oorgangsmetaal en X=P,As,S,Se, ens.) wat hierdie struktuur besit of 'n struktuur wat hiervan afgelei is, soos die B14/B31-struktuur van mangaanmonofosfied.

Verwysings

  1. "mindat 2901" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Mei 2020.
  2. "Universiteit Wene" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Mei 2020.
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.